Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rose onoorwonne, Drake mor

Engeland sal die eindstryd van die Nasiesbeker-rugbytoernooi onoorwonne tegemoet gaan nadat hy Wallis met 24-13 in die spanne se laaste groepwedstryd Saterdag in Llanelli geklop het.

Engeland het 13 van ’n moontlike 15 punte in die groepwedstryde ingepalm.

Saterdagaand se laaste groepwedstryd tussen Frankryk en Italië sou bepaal wie die Rose se teenstander op 6 Desember op Twickenham gaan wees.

Henry Slade, senter van Engeland draf om vir die Rose se eerste drie teen Wallis Saterdag in die spanne se laaste groepwedstryd wat in Llanelli beslis is. Foto: Getty Images

Daar was vrae oor die drieë van die spanne se twee senters in die eerste helfte.

Johnny Williams, in sy tweede toets, het die Rooi Drake teen die verloop van spel laat voorloop nadat hy eerste byderhand was nadat die losskakel Dan Biggar ’n skop van die senter Henry Slade afgestorm het. Dit het gelyk of Biggar dalk die bal aangeslaan het.

Die Franse skeidsregter Romain Poite het hom daarna ook die gramskap van Walliese ondersteuners op die hals gehaal toe hy spel laat voortgaan het toe Biggar in die lug deur die Engelse flank Sam Underhill vasgevat is.

Die televisie-skeidsregter het Poite volgens rugbypass.com daarvan in kennis gestel, maar hy het gesê spel moet voortgaan waarna die Rose se senter Slade net daarna in die hoekie oor is.

Twee strafdoele deur Owen Farrell het Engeland rustyd met 11-7 laat voorloop.

Met hervatting van die tweede helfte het die Rose vroeg hul stem dik gemaak.

Die loskopstut Mako Vunipola het na ’n paar dryfbewegings voor die doellyn vir die wenspan se tweede en laaste drie oorgeval.

Biggar het die telling tot 13-18 met agtereenvolgende strafdoele vir Wallis laat krimp.

Farrell het egter self met twee strafskoppe geslaag om met 14 punte te eindig, terwyl Underhill as die Speler van die Wedstryd aangewys is.

Puntemakers:

Engeland 24 (11): Drieë: Henry Slade, Mako Vunipola. Doelskop: Owen Farrell. Strafdoele: Farrell (4)

Wallis 13 (7) Drieë: Johnny Williams. Doelskop: Leigh Halfpenny. Strafdoel: Dan Biggar (2). – Sportredaksie


Meer oor:  Drake  |  Wallis  |  Romain Poite  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.