Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rose vee vloer met ‘slordige’ Ierland

Joe Schmidt sê hy is bewus van spioenasie in moderne rugby. Foto: Getty Images

In Joe Schmidt se kop moet die gevaarligte bloedrooi flikker met die Wêreldbekerrugbytoernooi wat minder as ’n maand weg is.

Vir Eddie Jones, die Ierse hoofafrigter se Engelse eweknie, sou die diskoligte nou weer gister op Twicken­ham blink geskitter het.

Sy span het Ierland met 57-15 in hul opwarmwedstryd vermorsel.

Verlede week het Engeland teen Wallis verloor en die Rooi Drake het die nr. 1-plek op die wêreldranglys ingeneem. Deur die week is daar gepraat oor Ierland se gulde geleentheid om die nr. 1-posisie by Wallis oor te neem, sou hulle die Rose op hul rugbyheiligdom troef.

Agt drieë teenoor twee het daardie hoop met ’n hamer stukkend geslaan.

Vir Engeland was sy buitesenter ,Manu Tuilagi, enorm. Die reus van ’n vleuel Joe Cokanasiga het twee drieë gedruk.

Daar is baie elemente van ons spel wat ons weer in orde moet kry. Om eerlik te wees, het ons slordig gelyk.
Joe Schmidt

Schmidt het ná die kragmeting gesê hy het verwag sy span gaan verroes wees, maar dít was net te erg.

“Daar is baie elemente van ons spel wat ons weer in orde moet kry. Om eerlik te wees, het ons slordig gelyk,” sê Schmidt.

“Daar is iets ongesteld aan die span, jy kan nie aan individue toeskryf nie.”

Jones sê die Engelse kan nog beter word. “Ons het sekere goed teruggehou, so ek weet ons kan nog ’n vlak boontoe gaan,” sê Jones.

  • In Edinburg het Skotland met ’n wen van 17-14 vergoed vir hul vernederende nederlaag verlede naweek teen Frankryk.
Meer oor:  Wêreldbekerrugbytoernooi  |  Joe Schmidt  |  Eddie Jones  |  Wereldbeker  |  Toets  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.