Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Rosestad gaan nie vreemd wees’

Onthou maar gerus die naam Reinhardt Fortuin, want hy wil die volgende twee en ’n halwe jaar as losskakel naam vir homself by die Cheetahs maak.

Hy het die laaste vier jaar in Stellenbosch rugby gespeel, maar die sentrale streek is allesbehalwe vreemd vir hom. Hy ken die geweste goed, sê dié gewese Matie-losskakel.

“My ouers het ’n ruk lank in Kimberley gebly, so Bloemfontein is nou nie heeltemal vreemd nie,” sê Fortuin.

Reinhardt Fortuin. Foto: Gallo Images
Met al die oud-Maties hier, maak dit die skuif van die Kaap na Bloemfontein baie makliker.

Die ander rede wat sy inskakeling sal vergemaklik, is dat hy hom met sy oudbreier, Hawies Fourie, en heelwat van sy voormalige spanmaats van Maties sal herenig.

“Dis lekker om weer onder coach Hawies te speel. Ek dink in die tyd wat ek onder hom by Maties gespeel het, het ek baie geleer en ek sien baie uit om nog onder hom te verbeter.

“Met al die oud-Maties hier, maak dit die skuif van die Kaap na Bloemfontein baie makliker.”

Hy erken sy koms gaan met meer as een uitdaging gepaard, op en van die veld af.

“Ek dink op die oomblik is die grootste uitdaging nie net vir myself nie, maar vir al die spelers om weer rugby te kan speel.

“Die inperking was lank en om weer kontak- en rugbyfiks te word gaan nog ’n tydjie neem.”

Fortuin meen ná sy tyd in die skadu van die Papegaaiberg het die tyd aangebreek vir groter dinge. Hy is oorgehaal daarvoor.

“Ek dink ná vier jaar se Varsitybeker-rugby is dit die regte tyd om die tree boontoe te maak.”

Hy staar hom ook nie blind teen die feit dat dit glad nie maklik gaan wees om as losskakel in die span in te stap nie.

“Die mededinging op nommer tien is altyd sterk. Losskakel is van so ’n aard dat jy altyd op jou beste moet wees en aanhou verbeter, want daar is altyd iemand wat jou kan vervang,” sê Fortuin.

Hy sê sy doelwitte vanjaar is om sy Curriebeker- en Pro14-buiging te maak.

Hy hoop ook om soveel as moontlik by die ouer spelers te leer.

Meer oor:  Pro14  |  Maties  |  Cheetahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.