Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Roux, blasers help Southern Kings skaaf

Daar is geen rede waarom die Southern Kings nie Vrydagaand hul tweede oorwinning in hierdie seisoen se Pro14-reeks kan behaal nie.

Gee die bal net vir Yaw Penxe en geen toeskouer sal aan die slaap raak nie! Die opwindende Penxe sal weer een van die Kings se grootste angels teen die Scarlets wees. Foto: Gallo Images

Die Kings kom teen ’n uitgedunde Scarlets-span in die Madibaz-stadion te staan.

’n Klompie weke gelede het die Glasgow Warriors ook besluit om van hul beste spelers nie vir hul kragmeting met die Kings te kies nie.

Dit het hulle duur te staan gekom, met die Kings wat daardie dag – ook in die Madibaz-stadion – die Warriors veral in die eerste helfte stukkend gespeel het.

Die Oos-Kapenaars was eindelik met 38-28 baas, maar die telling kon en moes veel groter in hul guns gewees het.

Die Scarlets beskik weliswaar steeds oor ’n gedugte span, al is baie van hul spelers vir die nasionale span opgeroep.

Onthou egter dat die Scarlets hierdie week na Port Elizabeth moes reis.

Dis belangrik dat die Kings vroeg toeslaan terwyl die besoekers se koppe nog in die wolke is.

Die Fidjiaanse senter Meli Rokoua kan Vrydagaand sy debuut vir die Southern Kings in die Baai maak. Foto: Michael Green

Laas toe die Scarlets in Wallis teen die Kings gespeel het, het hulle voorspelers op ’n nat veld met die Kings gemors.

Die Kings het daardie dag met ’n paar beseerde spelers voortgesukkel en is baie beter as wat dit toe gelyk het.

Chean Roux, een van SA Rugby se afrigters, het ook verlede week gehelp om die Kings vir die kragmeting voor te berei.

“Dis partykeer net goed dat die spelers ook ’n ander stem hoor. Chean het veral aandag aan ons dryfspel en hoe ons dryfspel stuit, help gee,” sê Deon Davids, die tuisspan se breier.

Davids het ook die hulp van die skeidsregters Mark Lawrence en Stuart Berry ingeroep om die Kings te help om minder strafskoppe af te staan.

So, daar is heelwat rede vir die Kings se ondersteuners om na die Madibaz-span op te ruk om hul span aan te moedig.

Net om die Fidjiaanse agterspeler Meli Rokoua – wat sy debuut as plaasvervanger kan maak – in aksie te sien, kan genoeg aanmoediging wees om die wedstryd by te woon.

Daar word baie van die sterk agterspeler verwag, maar terwyl die besoekers hul aandag op hom vestig, kan ander blitse soos Yaw Penxe en Harlon Klaasen moles op die aanval maak.

Spanne

Kings: Masixole Banda, Yaw Penxe, Harlon Klaasen, Berton Klaasen, Bjorn Basson, Martin du Toit, Godlen Masimla, Andisa Ntsila, Ruaan Lerm, Stephan de Wit, JC Astle (k), Schalk Oelofse, Luvuyo Pupuma, Alandre van Rooyen, Schalk Ferreira. PLAASVERVANGERS: Tango Balekile, Justin Forwood, Luphumlo Mguca, Stephan Greeff, Tienie Burger, Poerie van Rooyen, Tertius Kruger, Meli Rokoua.

Scarlets: Clayton Blommetjies, Johnny McNicholl, Paul Asquith, Steff Hughes (k), Ioan Nicholas, Dan Jones, Sam Hidalgo-Clyne, Uzair Cassiem, Josh Macleod, Will Boyde, David Bulbring, Steve Cummins, Werner Kruger, Marc Jones, Phil Price. PLAASVERVANGERS: Dafydd Hughes, Dylan Evans, Simon Gardiner, Tom Price, Josh Helps, Kieran Hardy, Morgan Williams, Ed Kennedy.

  • Skeidsregter: John Lacey (Ierland).
  • Afskop: 19:00.
  • TV: SS 1.


Meer oor:  Scarlets  |  Chean Roux  |  Pro14  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.