Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dís waarom Leinster altyd gedug is

Die Cheetahs gaan hulle nie blind staar daarteen dat Leinster vir Saterdag se Pro14-wedstryd uitgedun is nie, want die Iere bly ’n gedugte span.

Ruan Pienaar sê die Cheetahs sal nie ’n uitgedunde Leinster onderskat nie. Foto: Gallo Images

Die Cheetahs se kaptein, Ruan Pienaar, waarsku dat Leinster ná tien wedstryde nog onoorwonne is.

Die span het aanvanklik 16 spelers aan Ierland se Sesnasies-groep afgestaan. Net vyf van dié spelers is vir Saterdag se wedstryd teen die Cheetahs beskikbaar.

Dit is Max Deegan (losvoorspeler), Dave Kearney (vleuel), Ronan Kelleher (haker), Luke McGrath (skrumskakel) en Will Connors (flank).

“Ons weet hulle het ’n groot groep spelers waaruit hulle kan kies. Ons het mos nou al in die verlede gesien dat al het hulle ’n klompie spelers wat Sesnasies-diens doen, kan hulle steeds ’n sterk span kies,” sê Pienaar.

Hy meen die gehalte van die spelers tot hul beskikking en die manier waarop hulle speel, bly dieselfde.

“Ons verwag ’n gewone Leinster-span, al het hulle spelers aan die nasionale span afgestaan.

“Hulle het oor die jare ’n identiteit en kultuur geskep wat almal navolg. As al jou eendjies – van die veld af – in ’n ry is, gee dit die spelers die geleentheid om hulself uit te leef en te glo in die afrigter se plan. Hulle het ook heelwat senior spelers wat al lank by die klub is.”

Die kennis van die rugbypubliek in Ierland is ongelooflik en dis altyd lekker om daar te toer.
Ruan Pienaar

Pienaar sal die daaropvolgende week ’n tweede keer te staan kom teen sy ou span, Ulster, vir wie hy tussen 2010 en 2017 gespeel het.

Dit sal egter sy eerste wedstryd in die Kingspan-stadion wees sedert sy laaste wedstryd vir dié klub in 2017.

“Dis ’n plek wat my na aan die hart lê, want daar het ek goeie herinneringe opgebou.

“Maar om teen Leinster in die RDS-Arena te speel was ook nog altyd ’n uitdaging, en dit is eerstens waarna ek uitsien.

“Die kennis van die rugbypubliek in Ierland is ongelooflik en dis altyd lekker om daar te toer.”

Die Cheetahs se derde toerwedstryd is teen die Dragons in Newport, een van die spanne wat hulle al op toer geklop het.

Die Cheetahs kon nog net vier wedstryde oorsee wen en sal met dié toer wil seker maak dat hulle nie weer segeloos terugkeer nie.

Hul eerste wedstryd wanneer hulle terug is in die Rosestad, is op 21 Maart – hoeka teen die einste Leinster.

Meer oor:  Ruan Pienaar  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Leinster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.