Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ruan help Hawies om Frans te lok

Die Cheetah-afrigter, Hawies Fourie, sê hy het ’n “geheime wapen” gebruik om Frans Steyn terug Bloemfontein toe te lok – sy kaptein, Ruan Pienaar.

Pienaar se noue band met Steyn was deurslaggewend in die pogings om die veelsydige Bok-agterspeler terug Bloemfontein toe te lok.

Frans Steyn

“Toe ek by die Cheetahs aangesluit het, het MJ (Smith) my vertel Frans wil terugkom Bloem toe en dat hy wou hê dat sy kinders in Bloemfontein skool moet gaan,” het Fourie vertel.

“Dit is waar dit alles begin het. Ek het met Frans kontak gemaak, en Ruan Pienaar het ook gehelp.

“Ek het ook met Rassie (Erasmus) gepraat om vas te stel hoe hulle die situasie sien. Rassie het die skuif ondersteun en wou ook hê dat Frans Bloem toe moes terugkom.

“Om ’n speler soos hy by ons te hê, is van onskatbare waarde.

“Dit is veral belangrik vir my om spelers in die agterlyn te kry wat veelsydig is.

“Frans is ’n speler van gehalte, wat al oral in die wêreld gespeel het. Hy het ook in talle kompetisies gespeel, so ek dink hy sal definitief ’n verskil aan ons groep maak.”

Hy het definitief sy deel tot die beklinking van Frans se kontrak bygedra.
Hawies Fourie

Fourie vertel hoe Pienaar hom ’n binnebaan in die onderhandelinge gegee het om Steyn by die Cheetahs te laat teken.

“Ruan en Frans het saam by Montpellier gespeel. Hulle was boonop groot maats van skooldae af. Hulle het ook vir jare by die Haaie saam gespeel.

“Ruan het my eers gehelp om in kontak met Frans te kom, en om oor ’n kontrak te onderhandel.

“Soms het hy my ’n effense binnebaan gegee met inligting. Dit het definitief gehelp. Hy het definitief sy deel tot die beklinking van Frans se kontrak bygedra,” sê Fourie.

Met Steyn nou deel van die Cheetah-groep vir volgende seisoen, sien Fourie sy rol as een van onskatbare waarde om soos Ruan die jonger spelers te help en hulle na ’n volgende vlak te vat.

“Ruan stel hoë standaarde vir almal. Hy is een van die fiksste ouens in die span en is altyd die laaste uit die kleedkamer. Hy’s 35 en jy hoef hom nie meer te bestuur nie.

“Soms dink ek ek wil hom die sessies afgee, maar hy weier.

“Hy wil op die veld wees en stel die voorbeeld vir almal anders.”

Meer oor:  Ruan Pienaar  |  Frans Steyn  |  Hawies Fourie  |  Rugby  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.