Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ruan Pienaar kan kringloop by VS voltooi

Ruan Pienaar kan in die komende Curriebeker-reeks reeds vir die Vrystaat-Cheetahs speel.

Ruan Pienaar in aksie vir Montpellier in die Franse Top14-liga. Hy is glo op pad terug na Bloemfontein.Foto: Getty Images

Dié 35-jarige voormalige Bok-skrumskakel, met 88 toetse op sy kerfstok, is glo op pad terug Bloemfontein toe nadat sy kontrak van twee jaar met Montpellier in Frankryk ten einde geloop het.

Uit Belfast, waar sy gesin steeds bly, was daar hoop dat hy na Ulster sou terugkeer, hetsy as afrigter of speler, maar volgens gerugte is Pienaar aan’t huis koop in die Rosestad, waar sy loopbaan begin het. Onderhandelinge met hom is glo byna afgehandel.

Die Cheetahs gaan twee van hul skrumskakels, Shaun Venter en Rudy Paige, aan onderskeidelik ’n Walliese en Franse klub afstaan.

Die nuwe “jagseisoen”, oftewel venstertydperk van 120 dae waarin spelers amptelik aanbiedinge kan kry en gekontrakteer word, begin eers Maandag en niemand kan in die stadium op die rekord kommentaar oor moontlike skuiwe in die rugbywêreld lewer nie.

Harold Verster, uitvoerende hoof van die Vrystaat-Cheetahs, het op ’n vraag oor Pienaar se moontlike terugkeer Rosestad toe bevestig hulle praat met hom.

“Dit sal hopelik binne die volgende twee weke in ’n rigting gaan, maar daar is niks wat ons nou kan aankondig nie,” sê Verster.

Hy sê hulle sal oor die volgende twee weke finaliteit kry oor die Curriebeker-groep, wat een of twee groot name kan insluit.

“Vir die Pro14-reeks gaan daar dalk hier en daar ’n verandering wees, maar daar is ook ’n lys van name wat deurkom, spelers van ander provinsies wat loskom, spelers van gehalte waarna ons kyk.

“Die venstertydperk om spelers te kontrakteer, beloof ’n interessante tydjie te wees. Heelwat spelers gaan met Saru se nuwe kontrakteringstelsel beskikbaar wees.”

Die rede daarvoor is dat daar nou ’n beperking is op die hoeveelheid geld wat franchises op kontraktering mag bestee, wat beteken dat verskeie spelers elders ’n heenkome sal moet vind.

* Die Cheetahs-losskakel Niel Marais kan intussen ook sy loopbaan in Frankryk voortsit.

* Die Vrystaat-Cheetahs speel Vrydag in Welkom teen die Griffons in ’n opwarmwedstryd vir die komende Curriebeker-reeks.

Die span is: William Small-Smith, Jamba Ulengo, Benhard Janse van Rensburg, Dries Swanepoel, Rabs Maxwane, Louis Fouché, Tian Meyer, Henco Venter, Abongile Nonkontwana, Junior Pokomela, Walt Steenkamp, Sinto Manjezi, Reinach Venter, Joseph Dweba, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Schalk van der Merwe, Jacques du Toit, Erich de Jager, Sibabalo Qoma, JP du Preez, Jasper Wiese, Daniel Maartens, Dian Badenhorst, Tian Schoeman, Nico Lee, Carel-Jan Coetzee, Tapiwa Mafura.

Meer oor:  Ruan Pienaar  |  Montpellier  |  Vrystaat-Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.