Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugby-aanhangers gewaarsku

Rugbygeesdriftiges word gewaarsku teen ’n slenter waarmee “toetskaartjies” vir die Springbokke se wedstryd teen die All Blacks op 26 September op die Mbombela-stadion in Mbombela verkoop word.

SA
SA Rugby logo

Pieter Burger, uitvoerende hoof van die Pumas-rugbyunie, sê die publiek moet nie in die strik trap wat op sosiale media gestel word nie.

Dit het onder die unie se aandag gekom dat mense reeds “kaartjies” vir die toets op Facebook verkoop, maar kaartjieverkope aan die publiek het nog nie amptelik begin nie.

Burger sê enigiemand wat kaartjies vir die kragmeting adverteer, “praat nonsens”.

Van die kansvatters beweer hulle is “agente” wat namens SA Rugby optree. Hulle adverteer glo onder meer kaartjies vir losies.

Volgens Burger was daar selfs bewerings van mense wat glo “die hele blok in die Wes-paviljoen” uitgekoop het en nou dié kaartjies aanlyn aan niksvermoedende rugbyliefhebbers probeer afsmeer.

“Ons wil net die mense daar buite waarsku sodat hulle nie met ’n slap vis gevang word en later kwaad is vir die Pumas nie,” sê Burger.

Volgens hom wag die unie nog vir SA Rugby vir finale inligting oor die kaartjies vir die kragmeting, maar sal hopelik amptelike kaartjies van 1 Maart aan die publiek beskikbaar stel.

Die wedstryd tussen die Bokke en die All Blacks is die eerste wedstryd in die Rugbykampioenskapsreeks wat in die Laeveld beslis gaan word. Die reeks skop vanjaar op 8 Augustus af, wanneer die Bokke en Argentinië mekaar op Ellispark pak en Australië in Melbourne teen Nieu-Seeland te staan kom.

Meer oor:  Springbokke  |  All Blacks  |  Mbombela  |  Slenter  |  Gewaarsku  |  Verkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.