Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Rugby as produk in swak toestand'

Rugbybase gaan die beginsel van “minder is meer” moet omarm om die spel in Suid-Afrika te red, waarsku die Stormers se afrigter, John Dobson.

“As ’n produk is rugby in ’n baie swak toestand. Die skares vir Superrugby-wedstryde tussen die Bulle en Stormers het drasties afgeneem,” sê hy.

John Dobson, die Stormers se afrigter. Foto: Gallo Images

“Indien jy sukkel om te slaap en nie ’n voorskrif by jou dokter vir slaappille het nie, hoef jy net ’n Pro14-wedstryd tussen twee swak spanne te kyk en sal jy eensklaps in droomland wees.

“In die Wes-Kaap was die hartklop van die spel altyd tussen April en Oktober. Nou moet ons die Curriebekerreeks teen die einde van Augustus afhandel sodat Pro14-wedstryde uitgesaai kan word en dan begin Superrugby op 1 Februarie.”

Dobson meen dis tot rugby in die Suidelike Halfrond se nadeel om ander spanne in die Superreeks te huisves.

“Die verkenning van nuwe markte het die Superreeks groot skade berokken,” sê hy.

“Daar is ’n eenvoudige oplossing. Ons moet terugkeer na ’n Super12-reeks waar elke span een keer teen die ander speel. Jammer aan wie ook al dan uitval.”

Hy meen die klein skares in Superrugby kan Newscorp vorentoe twee keer laat dink oor die koop van uitsaairegte.

“Ons is afhanklik van TV-geld, maar iemand by Newscorp kan sê daar’s net 3 000 of 4 000 mense by wedstryde en dis nie die moeite werd om die produk te koop nie,” waarsku Dobson.

As ’n produk is rugby in ’n baie swak toestand. Die skares vir Superrugby-wedstryde tussen die Bulle en Stormers het drasties afgeneem.
John Dobson

Hy meen ook dat die Rugbykampioenskap die opwinding oor wedstryde tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland afgewater het.

“Daar is by my geen twyfel nie dat rugby gaan móét terugkeer na sy ouer waardes dat minder meer is,” sê Dobson.

“Boy Louw het gesê ‘wanneer Suid-Afrika teen Nieu-Seeland speel, moet jy dit beskou as jou land wat oorlog voer’. Dat ’n wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks Albany toe geskuif moet word omdat die skare nie groot genoeg sal wees om Edenpark vol te maak nie, is ’n tragedie.”

Die produk is in diep moeilikheid.
John Dobson

Dobson meen daar is ’n les te leer uit die belangstelling wat toere van die Britse en Ierse Leeus wek.

“Jy kan ’n eenvoudige program uitwerk vir groot toere elke jaar en Grand Slam-toere van die Noordelike Halfrond hê,” sê hy.

“Die Sesnasiesreeks is die grootste kompetisie ter wêreld en Engeland sal byvoorbeeld net een keer elke twee jaar teen Skotland op Murrayfield speel.

“Mense sal terugkeer stadions toe as ons terugkeer na die beginsel dat minder rugby die wedstryde meer betekenisvol maak. Die produk is in diep moeilikheid.”

Meer oor:  John Dobson  |  Pro14  |  Stormers  |  Sesnasies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.