Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugby dalk nog ’n tree nader aan afskop
Die Haaie se Springbok-buitesenter, Lukhanyo Am, verlede week op die oefenveld in Durban. Spelers sal volgens die sportministerie dié week hoor wanneer hulle kontakoefeninge en wedstryde kan hervat. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se agt franchises kan dié week nog ’n treetjie nader aan die afskop van die Curriebeker-rugbyreeks wees.

Die regering sal vandeesweek verdere Covid-19-riglyne publiseer vir alle kontaksporte, wat rugby insluit.

’n Woordvoerder van Saru het bevestig die liggaam se eerste aansoek was om weer te kan begin oefen en dat daar ’n tweede aansoek ingedien is om weer te kan begin speel. Kontakoefeninge val onder laasgenoemde.

Die spelers van agt spanne (Bulle, Leeus, Haaie, Westelike Provinsie, Cheetahs, Southern Kings, Pumas en Griekwas) kon ’n ruk terug in groepies van vyf begin oefen nadat die regering die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se eerste aansoek goedgekeur het.

Vusumuzi Mkhize, die direkteur-generaal van sport, kuns en kultuur, het Maandag bevestig rugby het sy (tweede stel) planne ingedien en dat hulle dit tans bestudeer.

Rugby het sy planne ingedien en dit word geëvalueer. So gou as wat ons klaar is daarmee, sal ons kommunikeer met hulle (Saru).
Vusumuzi Mkhize

Hy het gereageer op vrae nadat Nathi Mthethwa, sportminister, die media toegespreek het oor hul planne om die impak van die pandemie in dié sektor te bestuur.

Daar was ná sy voorlegging ’n vraag aan die paneel of rugbywedstryde steeds eers op vlak 1 van die inperking toegelaat gaan word, siende dat daar ’n presedent geskep is met ’n ander kontaksport, sokker, wat reeds die naweek begin.

“Rugby het sy planne ingedien en dit word geëvalueer. So gou as wat ons klaar is daarmee, sal ons kommunikeer met hulle (Saru),” sê Mkhize.

Volgens hom kyk die regering tans na die uitvoerbaarheid van Saru se planne om kontakoefeninge te kan doen en wedstryde veilig aan te bied.

Daar was vroeër sprake dat rugby reeds aan die einde van die maand na die speelveld kan terugkeer. Maar die konsensus blyk te wees dat dit eers in September moontlik sal wees.

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, bestudeer tans rugby se planne om wedstryde te kan hervat. Foto: Gallo Images

Die Curriebeker-spanne is belowe dat hulle ’n verdere vier weke tot hul beskikking sal hê vir voorbereiding sodra kontakoefeninge weer toelaatbaar is.

• Mthethwa het intussen gewaarsku hy sal nie huiwer om op te tree as hy sien daar word nie gehou by die goedgekeurde regulasies wat vir sokker uiteengesit is nie. Hulle het volgens hom ’n span wat dit fyn gaan dophou.

Die halfeindstryde van die reeks om die Nedbankbeker word Saterdag in die Orlando-stadion in Soweto beslis waarna die liga volgende week hervat word.

Die ministerie is tevrede om die wedstryde nog in Gauteng te hou in weerwil van Covid-19-getalle wat aan die toeneem daar is.

Mkhize sê die planne van sokker voldoen aan die nodige vereistes en hulle het met oorsese wedstryde, waarin ’n veilige omgewing geskep is vir die spanne, gesien dit werk.

• Mkhize het ook onthul dat netbal nog nie sy planne ingedien het om weer te begin speel nie.

Meer oor:  Nathi Mthethwa  |  Suid-Afrika  |  Regering  |  Covid-19  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.