Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugby is wreed, sê Rob en Robbie

Die Haaie-afrigter, Robert du Preez, het gisteraand simpatie gehad vir sy Stormers-eweknie, Robbie Fleck, ná die dramatiese einde van hul Superrugby-kragmeting in Kaapstad.

“Rugby is ’n wrede stryd van oomblikke,” het Du Preez gesê. “Ek voel vir Robbie Fleck, dit kon so anders wees. Die wedstryd kon enige kant toe gegaan het.

Robbie Fleck sal vir eers die leisels van die Stormers behou. Foto: Gallo Images
Robert du Preez. Foto: Gallo Images

“Die wedstryd was nog in die weegskaal toe die tyd reeds verstreke was, maar die karakter wat (die Haaie) gewys het, was ongelooflik. Om die bal vir meer as 30 fases te behou . . . Dit het gewys waarvoor hierdie span staan. Ons het oorheers op die aanval en die verdediging én het twee drieë gedruk.”

Fleck wou by die media weet of sy span gekruisig gaan word vir die strafskop wat hulle met sowat vier minute oor pale toe, eerder as na die kantlyn, geskop het.

“Julle gaan ons nie kritiseer omdat ons pale toe gegaan het nie, nè?” het Fleck gevra.

“Ons het gegaan vir die wen. Daar kan heeljaar lank gepraat word oor hoekom ons pale toe geskop het, maar ons was 9-5 voor met twee minute oor. Ons het goed gedoen om (ná die afskop) uit ons eie gebied te kom.

“Ons het alles moontlik gedoen om te wen. Daar moet egter krediet gegee word aan die Haaie vir die manier waarop hulle aan die bal vasgeklou het (in die doodsnikke).”

Fleck sê die Stormers se eintlike doodskoot was reeds in die eerste helfte toe die Haaie-senter Rhyno Smith byna die volle lengte van die veld gehardloop het vir sy span se eerste drie.

“Daardie drie het gekom terwyl ons oorheers het. Ons kon vroeg met 10-0 voorgeloop het, maar dit het nie so uitgewerk nie.”

Die Stormers-breier was dit met Du Preez eens dat rugby ’n wrede sport is. Hy het verwys na wedstryde wat sy span kon gewen het as die bal anders gebons het, en na die hope beserings wat die Stormers getref het.

“Dis ’n baie moeilike nederlaag vir ons. Ons het die harde werk gedoen en geglo ons sou (vandag) op die vliegtuig klim (vir ’n kwarteindstryd oorsee).” – 

Meer oor:  Stormers  |  Robert Du Preez  |  Robbie Fleck
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.