Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugby oorweeg transgender-reëls

Wêreldrugby sê hy oorweeg “rugby-spesifieke”-kiesbaarheidsreëls vir transgender spelers wat verskil van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) se beleid.

Kelly Morgan, wat voorheen as Nicholas Gareth Morgan rugby in Wallis gespeel het, het haar loopbaan saam met die Porth Harlequins-vrouespan voortgesit. Foto: Facebook

Sportlui wat van die manlike na die vroulike geslag oorskakel word tans verplig om hul testosteroonvlakke te onderdruk, in lyn met die IOK se perke, om in vrouesport mee te ding.

Maar kritici meen onregverdige wanbalanse van krag en vermoë duur voort.

Wêreldrugby sê in ’n verklaring hy wil ’n “rugby-spesifieke raamwerk, met die prioriteit op welstand, inklusiwiteit en regverdigheid” ondersoek.

Die beheerliggaam se voorsitter, Bill Beaumont, sê: “Ons is daartoe verbind om ’n doelgerigte beleid daar te stel vir die moderne sportlandskap en samelewing. Die beleid moet ’n balans tref wat inklusiwiteit betref, terwyl regverdigheid en welstand bevorder word.”

Sy verklaring volg op ’n werkswinkel van twee dae in Londen waarby kenners in die wetenskap, medisyne, risiko, regte en etiek saam met huidige en voormalige spelers betrek is om die kwessie te bespreek.

Hulle aanbevelings, asook ’n beroep op verdere navorsing oor die risiko van beserings en etiese oorwegings, sal nou deur ’n werkgroep verder gevoer word.

Kelly Morgan, ’n transgender wat as Nicholas Gareth Morgan verteenwoordigende ouderdomsgroep-rugby in Wallis gespeel het, het in Augustus in ’n onderhoud met BBCSport gesê sy speel met ’n glimlag op haar gesig.

“Ek aanvaar my verlede as ’n man gee my ’n voordeel bo my spanmaats by die Porth Harlequins-vrouespan,” het sy destyds gesê.

“Ek voel wel skuldig, maar wat kan ’n mens doen? Ek wil niemand seermaak nie. Ek wil net rugby speel.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Bill Beaumont  |  Lgbtiq+  |  Lgbt  |  Toetsrugby  |  Wêreldrugby  |  Superrugby  |  Transgender
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.