Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Engeland skort rugby op alle vlakke op

Die Engelse Rugbyunie (RFU) het die sport op alle vlakke in Engeland tot 14 April opgeskort weens die Covid-19-pandemie.

Sondag se eindstryd om die Premierliga-beker tussen Sale en Harlequins is uitgestel nadat ’n Harlequins-personeellid griepsimptome ontwikkel het. Foto: Getty Images

Die aankondiging is gemaak kort nadat die Engelse Premierliga vir vyf weke uitgestel is.

Rugby365 berig die RFU sê alle rugbyaktiwiteite, insluitend kluboefeninge, liga- en beker-wedstryde, asook klinieke en opleidingsessies, moet afgelas word.

Die kwarteindstryde van die Europese Kampioenebeker en Uitdaagbeker, wat vir 3, 4 en 5 April geskeduleer was, is ook uitgestel.

Die Pro14 en Franse Top 14 ligas is verlede week tydelik stop gesit.

Die RFU sê die besluit is geneem op die advies van die regering, wat maan teen ‘onnodige’ reise en kontak met ander.

“Die besluit is geneem in die beste belang van die spelers, afrigters, skeidsregters, vrywilligers, toeskouers en die wyer rugbygemeenskap,” sê die RFU in ’n verklaring.

“Ons moedig spelers op alle vlakke aan om waar moontlik hul fiksheid te behou en aktief te bly, maar met die regering se riglyne oor veilige afstande en veilige oefenplekke in gedagte.”


– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Rfu  |  Covid-19  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.