Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugby se bes betaalde vyftiental

Drie lede van die Springbokspan wat in 2019 die Webb Ellis-trofee verower het, tel onder die wêreld se bes betaalde spelers in hul onderskeie posisies.

Die Springboklosskakel Handré Pollard verdien nagenoeg R20 miljoen per jaar in Frankryk. Foto: Getty Images

Die losskakel Handré Pollard is volgens Ruck.co.uk die bes betaalde speler in wêreldrugby. Hy word saam met sy Suid-Afrikaanse landgenote Eben Etzebeth en Faf de Klerk in die uitverkore vyftiental ingesluit.

Pollard is boaan die lys en verdien nagenoeg R20 miljoen per jaar by sy Franse klubspan Montpellier. Slegs die voormalige All Black-buiteagterspeler Charles Piutau, wat vir die Bristol Bears in Engeland uitdraf, spog met ’n soortgelyke salaris.

Etzebeth is tweede met ’n salaris van nagenoeg R18 miljoen by sy Franse span Toulon.

Die Engelse slot Maro Itoje (Saracens) en voormalige All Black-kaptein Kieran Read (Toyota Verblitz) voltooi die topvyf met verdienste van onderskeidelik R16,5 miljoen en R16 miljoen per jaar.

De Klerk, wat vir die Sale Sharks in Engeland speel, is 11de met nagenoeg R12 miljoen per jaar.

Bes betaalde spelers volgens posisie:

15 – Beauden Barrett R15,6 miljoen (£780 000, Suntory Sungoliath)

14 – Charles Piutau R20 miljoen (£1 miljoen, Bristol Bears)

13 – Virimi Vakatawa R15,6 miljoen (£780 000, Racing 92)

12 – Owen Farrell R15 miljoen (£750 000, Saracens)

11 – Stuart Hogg R11 miljoen (£550 000, Exeter Chiefs)

10 – Handré Pollard R20 miljoen (£1 miljoen, Montpellier)

9 – Faf de Klerk R12 miljoen (£600 000, Sale Sharks)

8 – Kieran Read R16 miljoen (£800 000, Toyota Verblitz)

7 – Steven Luatua R13 miljoen (£650 000, Bristol Bears)

6 – Michael Hooper R15 miljoen (£750 000, Toyota Verblitz)

5 – Maro Itoje R16,5 miljoen (£825 000, Saracens)

4 – Eben Etzebeth R18 miljoen (£900 000, Toulon)

3 – Tadhg Furlong R9,6 miljoen (£480 000, Leinster)

2 – Guilhem Guirado R10 miljoen (£500 000, Montpellier)

1 – Mako Vunipola R9 miljoen (£450 000, Saracens)

– Sportredaksie

Meer oor:  Handré Pollard  |  Bokke  |  Eben Etzebeth  |  Pro14  |  Toetsrugby  |  Top 14  |  Pro16  |  Springbokke  |  Superrugby  |  All Blacks  |  Faf De Klerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.