Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugby spartel om te oorleef, sê Kiwi-baas

Daar word na verskeie moontlikhede gekyk, maar rugby is intussen in ’n stryd om te oorleef.

Nieu-Seeland gaan ’n vier weke lange staat van inperking binne weens Covid-19 en Mark Robinson, uitvoerende hoof van Nieu-Seeland Rugby, sê dit is onseker wanneer, en in watter formaat, daar weer in dié land rugby gespeel sal word.

Die Nieu-Seelandse rugbybaas, Mark Robinson. Foto: Getty Images

Hy het op die Nieu-Seelandse rugbyprogram The Breakdown gesê dié sport “veg om oorlewing”.

Robinson het aangedui NS Rugby moet “baie uitgawes sny om sy finansiële situasie te behou” en het die All Black-haker Dane Coles vir sy onlangse uitsprake geloof.

Coles het gesê hy is meer as bereid om in die lig van die koronakrisis ’n kleiner salaris te aanvaar.

“Die besonderhede daarvan (spelers se vergoeding wat verlaag word) moet nog deurtrap word, maar dit was ’n riem onder die hart om Dane se kommentaar te lees.”

Volgens Robinson hang al die moontlikhede vir kompetisies later die seisoen in die lug.

“Dit gaan baie belangrik wees om ons planne agtermekaar te kry vir wanneer ons die jawoord kry,” sê hy.

“Ons het ’n groep mense wat ’n fantastiese taak verrig en na elke moontlike scenario kyk.”

Ons veg vir rugby se oorlewing in Nieu-Seeland en as daardie uitdaging jou nie motiveer nie, gaan niks jou ooit motiveer nie.

NS Rugby het beplan om ’n reeks derbies tussen Kiwi-spanne te speel as ’n plaasvervanger vir Superrugby, maar moes Maandag van die plan afsien toe die regering ’n staat van inperking vir die volgende vier weke afgekondig het.

Robinson sê die wending skep angstigheid en vrees op alle vlakke van die spel.

“Ons veg vir rugby se oorlewing in Nieu-Seeland en as daardie uitdaging jou nie motiveer nie, gaan niks jou ooit motiveer nie,” sê hy.

“Natuurlik is dit ’n tyd van beproewing en onsekerheid, van gemeenskapvlak tot by ons beroepspelers. Ek kan egter die versekering gee dat ons puik mense het wat agter die skerms werk.”

Robinson sê hulle is baie bevoorreg dat daar goeie interaksie tussen al die aandeelhouers en rolspelers is.

“Dit geld ook vir ons provinsiale unies, Superrugby-franchises en ons spelers,” sê hy.

“ ’n Bietjie meer tyd is nog nodig om te verstaan wat ons in ag moet neem en dan sal ons hopelik volgende week in ’n posisie wees om besluite te begin neem.” – stuff.co.nz

Meer oor:  Kiwi's  |  Nieu-Seeland Rugby  |  Ns Rugby  |  Mark Robinson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.