Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbybaas sê Ierse kritici pleeg laster

Dit is so dat daar ’n opkikkerprobleem in Suid-Afrikaanse skolerugby is en die verbode middels wat in ’n bloedmonster van die ster-vleuel Aphiwe Dyantyi gevind is, is ’n groot jammerte.

Mark AlexanderFoto: getty

Maar om op grond daarvan te sê Suid-Afrikaanse rugby het ’n dwelmkultuur? Basta daarmee, sê Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru). Van wanneer af maak een swaeltjie ’n somer?

“Jy weet, (die Iere) wat daardie goed oor ons sogenaamde dwelmkultuur gesê het, kan aangekla word vir laster. En wat (kan gesê word) as ons begin praat oor hul dwelmkultuur?” het Alexander gister gesê.

Alexander is gevra oor die uitlatings van twee Ierse rugbykommentators, Neil Francis en Ger Gilroy, dat ’n asterisk agter Suid-Afrika se Wêreldbeker-sege geplaas moet word weens die land se “dwelmkultuur”.

AphiweDyantyi

“Daar is ’n probleem in ons skole, maar almal van ons werk hard om dit te probeer oplos, sê Alexander. “By die Wêreldbeker is elke dag spelers getoets en niemand het gedop nie,” sê Alexander.

“Dis werklik jammer dat Aphiwe (voor die WB-toernooi) positief getoets het. Ek dink nie hy het geweet hy neem iets verkeerd in nie, hy is ’n goeie mens.”

Dyantyi het Vrydag op Instagram gesê hy het “vrede in sy hart” oor sy situasie.

“Een van die gelukkigste oomblikke in die lewe is wanneer jy die moed kry om te laat vaar wat jy nie kan verander nie,” het die vleuel geskryf.

“Vyf maande later en nie veel het verander nie, behalwe dat my struwelinge en uitdagings my krag gee. In die laaste maande vind ek dat ek meer glimlag.”

Meer oor:  Aphiwe Dyantyi  |  Mark Alexander  |  Suid-Afrika  |  Verbode Middels  |  Laster  |  Opkikkers  |  Rugby  |  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.