Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbybase beslis Dinsdag oor OP se lot
André Rademan
André Rademan Foto: Michael Green

Suid-Afrika se 14 rugbyunies is steeds verdeeld oor die Oostelike Provinsie se deelname aan die Premierliga van die Curriebekerreeks.

’n Interessante kiesstryd word dus verwag wanneer die land se rugbybase Dinsdag op die virtuele jaarvergadering van SA Rugby se hoofraad moet stem of die OP vanjaar in die Eerste Liga bly of tot die Premierliga bevorder moet word.

Die OP benodig ’n meerderheid van 75% stemme onder die ander 13 stemgeregtigde unies. Die Grens mag nie stem nie omdat hy onder administrasie is.

Op Januarie se vergadering, toe die eerste keer daaroor gestem is, het agt unies daarteen gestem en vyf daarvoor.

André Rademan, president van OP, het die ander 13 unies daarna in ’n brief kwaai oor die uitslag gelooi. Hy het gesê die land se rugbybase versaak hul plig om transformasie én die ontwikkeling van swart etniese spelers na te streef.

Rademan het amptelik versoek dat die besluit hersien en die OP se Curriebeker-toekoms op die agenda vir Dinsdag se vergadering geplaas word.

’n Ander baie belangrike agendapunt is SA Rugby se begroting en of vanjaar se Curriebeker-Premierliga oor ’n enkel- of dubbelronde beslis moet word. Dit sou ’n dubbelronde gewees het, maar die Britse en Ierse Leeus se toer hierheen kan dit beïnvloed.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.