Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbybeampte aangekeer ná hy speler skiet

Die gemoedere loop hoog in die rugbyraadsale in Georgië.

Georgië sou op 18 Julie vanjaar die eerste keer in Suid-Afrika teen die Springbokke gespeel het. Foto: Getty Images

Die visepresident van Georgië se rugbyunie (GRU) is in hegtenis geneem nadat hy ’n speler met 'n vuurwapen geskiet en in die been gewond het.

Rugby365 berig dié bisar voorval het hom afgespeel minder as twee maande voordat die Lelos, 12de op die wêreldranglys, hulle Nasiesbeker-veldtog begin. Georgië het Japan vir dié jaareind-toernooi vervang nadat Japan hom weens vrese oor die Covid-19-pandemie onttrek het.

Merab Beselia is Woensdag in hegtenis geneem "op aanklagte van die onwettige aankoop en besit van ’n vuurwapen en omdat hy met opset ’n persoon gewond het", sê Nino Giorgobiani, ’n regeringswoordvoerder.

Volgens Giorgobiani het Beselia vir Ramaz Kharazishvili, ’n afrigter en voormalige kaptein van Georgië se sewesspan, gewond.

Sy sê die voorval het by die rugbyunie se hoofkantoor plaasgevind ná ’n onderonsie tussen die twee.

Beselia kan vir drie jaar tronk toe gestuur word indien hy skuldig bevind word.

Kharazishvili is na die hospitaal gehaas en moes ’n operasie ondergaan, maar sy lewe is nie in gevaar nie, sê Giorgobiani.

Georgië sou op 18 Julie vanjaar die eerste keer in Suid-Afrika teen die Springbokke gespeel het. Dié toets, wat geskeduleer was om in Port Elizabeth plaas te vind, moes weens die koronaviruspandemie afgestel word.

Die GRU is in chaos gedompel sedert Giorgi Gorgaslidze, sy president, in Augustus afgetree het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Gru  |  Skietvoorval  |  Toetsrugby  |  Georgië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.