Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
2020 se Rugby-kampioenskap nog moontlik

Moet nog nie die Rugbykampioenskap afskryf vir 2020 nie, want dit kan so vroeg soos Oktober dalk selfs plaasvind.

Dit is die mening van Andy Marinos, Sanzaar se baas, wat te midde van die Covid-19-pandemie en die kansellasie van die gewone Superrugby-reeks en Junie-toetsreekse, steeds nie hoop wil opgee oor die moontlikheid van ’n Rugbykampioenskap nie.

Foto:

In ’n onderhoud met Stuff.co.nz sê Marinos hy “bly positief” dat dié toernooi nog vanjaar beslis sal word, hoewel dit in Nieu-Seeland of Australië sal plaasvind indien dit voortgaan.

“Die grootste olifant, of onreëlmatigheid, in die vertrek is natuurlik die soort beperkings wat ingestel kan word. So ons moet altyd deur regerings en gesondheidsowerhede beskerm word,” sê Marinos, wat in Sydney gesetel is.

Hy glo dat een land as gasheer sal optree vir die All Blacks, Springbokke, Wallabies en Pumas.

“In die stadium kyk ons na laat in Oktober, November en waarskynlik vroeg Desember. Ons kort agt weke om ons in staat te stel om ’n Rugbykampioenskap te hou.”

Voorheen is bespiegel dat die spanne waarskynlik almal in dieselfde stad sal moet bly met een stad wat die hele toernooi sal huisves. Marinos glo egter dat spanne nie tot een stad beperk hoef te word nie. Hy sê wel dat as dit daarop neerkom dat die spanne by een punt moet saamtrek, dit waarskynlik aan die oostelike Australiese kus sal wees.

“Dit beteken steeds nie dat ’n wedstryd in Perth onmoontlik sal wees nie, maar ek dink daar is ’n groter konsentrasie van spelers, so as ons dit sou doen, sal dit aan die oostelike kusgebied wees.”

Die planne sal egter alles daarvan afhang of Suid-Afrika en Argentinië wel toegelaat sal word om met rugbywedstryde voort te gaan en internasionaal te reis. Anders as Nieu-Seeland en Australië, wat reeds met plaaslike rugbytoernooie voortgaan, kon Suid-Afrika en Argentinië nog nie dié roete volg nie.

Saru oorweeg wel om in Augustus ’n kompetisie te hou, maar met ’n klomp van sy Springbokke wat in die Noordelike Halfrond gesetel is, kan die logistiek van ’n Rugbykampioenskap in die stadium problematies vir Suid-Afrika wees. Daarbenewens sal die inperkingsmaatreëls ook eers verder verslap moet word voordat daar aan ’n plaaslike reeks gedink kan word. – Sportredaksie

Meer oor:  Andy Marinos  |  Springbokke  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Pumas  |  Rugbykampioenkap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.