Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbylegende se kaart in bordeel gebruik
Lawrence Dallaglio het 85 toetse vir Engeland gespeel. Foto: Getty Images

Lawrence Dallaglio, voormalige kaptein van die Engelse rugbyspan, se kredietkaart is glo in ’n bordeel gebruik om betalings van £10 000 te maak.

Die 47-jarige getroude pa van twee het na bewering self die geld spandeer by ’n “diskrete Georgiaanse meenthuis” in die Londense voorstad Holborn, wat ook kokaïen aan sy klante verskaf.

The Sun berig Dallaglio se besoeke is onthul in ’n hofsaak van ’n bende wat na bewering die misdadige aktiwiteite by die bordeel bestuur het.

Die polisie het Dallaglio in hul ondersoek in die teenwoordigheid van sy prokureur ondervra. Hy is nie in hegtenis geneem nie en hy is ook nie gevra om in die hofsaak van ses weke te getuig nie.

Daar kon nie vasgestel word waarop hy die £10 000 spandeer het nie en dit is ook onbekend of hy alleen was op sy besoeke aan die bordeel.

Lawrence Dallaglio is deesdae ’n rugbykommentator. Foto: Getty Images

Dallaglio, ’n rugbykommentator en Wêreldbeker-ambassadeur, se naam is ontdek tydens die polisie se klopjag op die Holborn-meenthuis in Julie toe daar beslag gelê is op sowat 180 000 kwitansies.

Volgens The Sun wys die kwitansies, wat in ’n sak in die gebou se kelder gevind is, Dallaglio het op 22 Maart 2019 vier betalings ter waarde van £10 550 gemaak.

Die hof het gehoor die bende het £400 000 verdien voordat die polisie die bordeel gesluit het.

Dallaglio het in 1999 die Engelse kapteinskap laat vaar ná The News of the World se bewerings van dwelmmisbruik. Hy het die koerant se aantygings ontken en beweer hy was die slagoffer van ’n komplot.

Hy het 85 toetse vir die Rose gespeel en die Wêreldbekertoernooi in 2003 saam met die span gewen. Dallaglio het ook drie keer saam met die Britse en Ierse Leeus getoer.

– Sportredaksie

Meer oor:  Dwelms  |  Kokaïen  |  Toetsrugby  |  Bordeel  |  Lawrence Dallaglio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.