Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbyspeler se vrou besteel hom rot en kaal

’n Voormalige Walliese en Britse en Ierse Leeus skrumskakel is finansieel geruïneer nadat sy vrou hom uit meer as £1 miljoen (meer as R19,4 miljoen) geswendel het deur lenings agter sy rug uit te neem.

Gareth Cooper het in 2005 saam met die Britse en Ierse Leeus in Nieu-Seeland getoer. Foto: Getty Images

MailOnline berig Gareth Cooper, wat in 2005 saam met die Britse Leeus in Nieu-Seeland getoer het, is intussen geskei van Debra Leyshon en sê hy kan haar nie vergewe nie.

Cooper (40) het ’n gimnasium en vragvervoeronderneming begin wat deur Leyshon bestuur is, maar toe die ondernemings sukkel, het sy banklenings aangegaan.

Sy het vandeesweek in die hof in Cardiff skuld beken op 13 aanklagte van bedrog.

Cooper se voormalige sakevennoot, Simon Thomas, en kollega, Mark Lee, het ook in die hof verskyn. Thomas en Lee het onderskeidelik op twee aanklagte en een aanklag van bedrog skuld beken.

Thomas het bedrog van £380 000 gepleeg, terwyl Lee met £50 000 gebaat het.

Leyshon (41) het voorgegee dat die ondernemings “floreer”, maar het twee banklenings aangegaan en ’n tweede verband op die gesin se huis en vier ander eiendomme uitgeneem.

Gareth Cooper het 46 toetse vir Wallis gespeel. Foto: Getty Images

Roger Griffiths, aanklaer, sê Cooper was van niks bewus nie.

“Hy is in Februarie 2017 bankrot verklaar en na die hof ontbied. Daar is ’n maand later toegegee dat hy ’n slagoffer van bedrog was,” sê Griffiths.

Cooper moes terugtrek na sy ouerhuis en lenings van £120 000 uit hul pensioenfondse maak.

“Dit was op ’n tydstip waarop hulle vir hul aftrede moes beplan. Ek sal altyd diep dankbaar vir hul ondersteuning wees,” sê Cooper.

“Ek en Debra is nou geskei. Ek kan haar nie vergewe vir wat sy gedoen het nie, maar sy is die ma van my kinders.

“Sy het mettertyd baie geheimsinnig geraak oor hoe dit met die ondernemings gaan. Sy sou die kwessie vermy as ek haar daaroor uitvra.

“Ek is bedrieg en gemanipuleer deur die persoon wat ek die meeste vertrou het – my vrou en die ma van my kinders.”

Leyshon en die twee mans word Vrydag gevonnis.

Cooper het 46 toetse vir Wallis gespeel en die Rooi Drake in 2007 in die Wêreldbekertoernooi verteenwoordig.

Hy was gekies vir die Britse Leeus se toer in 2005, maar met drie ander skrumskakels in die groep, het hy slegs een wedstryd gespeel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bedrog  |  Toetsrugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Rooi Drake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.