Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbyspelers hoef nie vir BLM te kniel nie
John Dobson, afrigter van die Stormers, en Siya Kolisi, kaptein, spreek Donderdag die media via Zoom toe. Foto: Gallo Images

As Suid-Afrika se rugbyspelers Saterdag op Loftus Versfeld kniel, hoef dit nie ter ondersteuning van die Black Lives Matter (BLM)-beweging te wees nie.

Dít blyk uit die wenslys wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) aan die Bulle, Haaie, Leeus en Stormers gestuur het oor dié netelige kwessie voordat die rugbyseisoen met die “Superfan”-wedstryde in Pretoria hervat word.

Saru se hoop om die emosie aan albei kante van die politieke spektrum in toom te hou, is eerder gevestig op ’n credo wat Suid-Afrikaanse rugby verbind tot diversiteit en die stryd teen rassisme

Saru se plan, wat nie amptelik bekend gemaak is nie, maar wat Netwerk24 onder oë gehad het, is as volg:

• Dat die credo binne die stadion gespeel en op SuperSport uitgesaai word wanneer die spanne – met spelers langs mekaar – die veld betree.

• Op dieselfde tyd as wat die spanne hul verskyning maak, sal Saru ’n nuusverklaring uitstuur waarin hy die credo verduidelik en uiteensit.

• Dat die spelers soos gewoonlik die veld betree – hul posisies inneem, in gebed kniel (of vir enige ander rede), kollegas se hande skud, die bal onderling aangee, of hoe ook al hulle normaalweg deur hul laaste voorbereiding gaan.

• Die skeidsregter sal dan die fluitjie vir die afskop blaas.

Of dit gaan werk, en of Suid-Afrikaanse rugby tussen stoele gaan val, sal net die tyd leer. In hierdie geval kan Saru nie wen nie.

Die beheerliggaam bevind hom in dié onbenydenswaardige posisie nadat ’n groot bohaai onstaan het oor die Springbokke by die Engelse klub Sale nie ter ondersteuning van BLM gekniel het nie. Die minister van sport, Nathi Mthethwa het selfs in die nadraai daarvan vir Saru opdrag gegee om aan hom verslag te doen waarom die spelers nie gekniel het nie.

Siya Kolisi, die Stormers- en Bok-kaptein, meen egter om “gesprek te voer,” is belangriker as enige moontlike gebaar wat gemaak kan word.

“Jy kan kniel en nie eintlik enigiets daardeur steun nie. Die belangrike ding is die onderlinge gevoel in die span,” sê hy.

“Wat Saterdag se wedstryd betref, is daar soveel dinge wat mense ter ondersteuning kan doen. Ons (die Stormers) het gesê solank as wat ons opvoeding kry, leer en weekliks groei, moet elke persoon self besluit wat om te doen.

“Ek weet Vodacom beplan iets op die dag en daar sal ’n paar sekondes wees waar ons iets op die veld kan doen. Dit sal aan elke persoon oorgelaat word om respek op sy manier te toon.”


Meer oor:  Blm  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.