Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Walliesers gaan nóg geld moet inboet

Die salarisse van rugbyspelers in Wallis kan verder gesny word in ’n poging deur die Walliese Rugbyunie (WRU) om finansieel kop bo water te hou tydens die Covid-19-pandemie.

Die Rooi Drake se Owen Lane duik oor die doellyn tydens ’n kragmeting met Ierland in 2019 in Cardiff. Foto: Getty Images

In April het spelers ingestem dat hul salarisse met 25% gesny word vir ’n tydperk van drie maande tot aan die einde van Junie. Onsekerheid heers oor of die Rooi Drake – soos die res van internasionale spanne – vanjaar toetsrugby sal speel, iets wat die WRU se finansies in troebel water kan laat beland.

Die Rooi Drake is veronderstel om in November gasheer te speel vir Fidji, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Argentinië – almal wedstryde waaruit die Walliesers ’n stewige inkomste kan verdien. Sou die kragmetings weens die koronavirus afgestel word – iets wat na ’n al hoe groter moontlikheid lyk, kan die WRU binnekort bakhand by Wêreldrugby gaan staan.

Die BBC berig dat daar tans gesprekke is tussen die Walliese Rugbyspelersvereniging (WRPA) en die Professionele Rugbyraad-vereniging (PRB) – wat die WRU en die vier streekspanne, die Cardiff Blues, Dragons, Ospreys en die Scarlets, verteenwoordig.

Gareth Davies, voorsitter van die WRU, het aan The Sunday Times gesê dat alle betrokkenes reeds verminderde salarisse verdien.

“Ons wil verseker dat almal ongeskonde hieruit kom. Vir dít om te gebeur, moet almal bydra. Niemand moet bestand wees teen die probleme waarteen ons te staan kom nie.”

Volgens walesonline.co.uk is die uitdaging vir die beheerliggaam om met ’n voorstel vorendag te kom wat deur die spelers aanvaar word. Daar is nog nie ooreengekom oor watter persentasie spelers minder sal verdien of vir hoe lank dit sal geld nie, hoewel dit na verwagting vir minstens 12 maande kan geld.

Die grootste gedeelte van die voorste 38 spelers in Wallis se salarisse word deur die WRU betaal, met die streekspanne wat slegs 20% hiertoe bydra. – Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Toetsrugby  |  Rooi Drake  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.