Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbytuiste in Rusland vir Kings-man

’n Voormalige hulpafrigter van die Blitsbokke en agterlynafrigter van die Southern Kings, Vuyo Zangqa, het in Rusland vir hom ’n rugbytuiste gevind.

Vuyo Zangqa

Zangqa, een van die slagoffers van die likwidasie van die Kings, het hom by Narvskaya Zastava in St. Petersburg aangesluit, waar hy die hoof van die klub se sewesprogram sal wees, en ook by die 15-manspel sal uithelp.

Zangqa, wat ook hulpafrigter van Kenia se sewesspan was en Duitsland ook al afgerig het voordat hy Kings toe is, het besluit om Rusland toe te gaan nadat daar geen geleenthede in Suid Afrika vir hom was nie.

“Nadat die Kings gelikwideer is, het ek gehoop dat iemand my sou aanstel – gegrond op my ondervinding. Ek het gepraat met een of twee provinsies, maar niks het daarvan gekom nie.

“Ek het ’n oproep gekry van ’n vriend uit Rusland.

“Hy het vir my gesê hulle het gehoor ek is beskikbaar en dat hulle na ’n sewesafrigter soek. Ná ’n paar Zoom-vergaderings het hulle my ’n kontrak aangebied.”

Zangqa word nou een van verskeie Suid-Afrikaners wat in Rusland afrig. Hy sien uit na sy nuwe tuiste.

Meer oor:  Narvskaya Zastava  |  Vuyo Zangqa  |  Sewes  |  Southern Kings  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.