Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Unies nog nie terug op oefenveld

Die land se rugbyunies wag almal vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie om leiding te gee oor wanneer hul spelers weer in groepe sal kan oefen.

Hawies Fourie hoop om so vroeg as volgende week reeds in groepe te kan oefen. Foto: Mlungisi Louw

Volgens Sport24 het SA Rugby se Covid-19-komiteelede Maandag koppe bymekaar gesit om rigtingwysers vir die unies saam te stel oor gesondheids- en veiligheidsprosedures.

Hawies Fourie, die afrigter van die Cheetahs, sê die unie sal hierdie week nog eers administratiewe reëlings afhandel, in die hoop dat hulle volgende Maandag sal kan begin oefen.

Alle Cheetah-spelers wat nie heeltyds in Bloemfontein woonagtig is nie en hulle voor die inperking na verskillende sentra gehaas het, is gevra om Donderdag aan te meld om administratiewe werk af te handel.

“In die stadium gaan almal voort om op hul eie te oefen met die oefenprogramme wat die spelers ontvang. Ons hoop om vandeesweek nog te hoor wat ons mag doen, hoeveel in ’n groep sal kan oefen in die gimnasium, of ons met of sonder balle moet oefen en alles wat daarmee gepaardgaan,” sê Fourie.

Hy sê wat die voorsorgmaatreëls betref sal dit maar soos by enige onderneming wees om seker te maak almal is veilig: die spelers se koors sal gemeet word en hulle sal maskers moet dra.

“Ons het ook die Cheetah-app wat elke oggend ingevul moet word, waar die spelers moet sê hoe hulle voel. As daar enige gevaarligte is, sal die speler nie kan oefen nie. Dit is maar dieselfde protokol wat die meeste ondernemings in die stadium gebruik.”

Die Cheetahs se grootste fokus wanneer hulle toegelaat word om bymekaar te kom en in groepe te oefen, sal wees om ná sowat 69 dae in te haal op die gimnasiumwerk.

“Die meeste van die spelers kon vir meer as twee maande nie doeltreffend in die gimnasium oefen nie. Almal het darem gewigte gehad waarmee hule iets kon doen, maar ek dink dis die area waarop ons die meeste sal moet verbeter.

“Dan sal ons ook moet sien of ons met balle kan oefen en wanneer ons ’n bietjie kontakoefeninge sal kan begin doen – dit sal seker eers oor ’n maand van nou af wees. So, dan kan ons aan die vaardighede en kontakgereedheid van die spelers aandag gee, en aan die manier van speel en al die ander aspekte daarna,” sê hy.

Fourie sê dis moeilik om te bepaal of enige van die spelers nog skrikkerig sal wees vir die Covid-19-pandemie wanneer hulle weer byeenkom.

“Hulle sal daaroor moet kom, want die virus kan enige plek opgedoen word – of jy nou winkel toe gaan, of jou kind by die skool gaan haal of by ons geoefen word.

“Daar gaan maar altyd ’n risiko wees, maar ek glo nie dit behoort ’n probleem te wees as ons eers byeengekom het kom nie.”

Meer oor:  Hawies Fourie  |  Rugby  |  Rugbyunies  |  Koronavirus  |  Cheetahs  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.