Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbyvrou wil brandbestryder word

Jade Konkel, agtsteman van Skotland en die Engelse Premierligaspan Harlequins, sê sy gaan eers ’n blaaskans van rugby neem en met haar opleiding begin om ’n brandbestryder in Londen te word.

Jade Konkel gaan haar rugbytrui vir ’n brandbestryder se oorpak verruil. Foto: Getty Images

Konkel, wat in 2016 Skotland se eerste beroepsvrouespeler geword het, sê sy sal haar rugbyloopbaan hervat sodra haar opleiding voltooi is.

“Ek is baie opgewonde om met my opleiding as ’n brandbestryder te begin en om te sien wat die toekoms vir my inhou,” het Konkel in ’n verklaring deur haar klub, Harlequins, gesê.

“Soos ek gesê het, gaan ek nog nie my stewels ophang nie. Ek sien julle weer aan die ander kant.”

Konkel het nie aangedui of sy beskikbaar sal wees vir Skotland se Sesnasies-veldtog, wat op 3 April teen Engeland begin nie. – Reuters

Meer oor:  Harlequins  |  Skotland  |  Vrouerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.