Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rynhard hoop om Russe te beïndruk

Rynhard van As, voormalige afrigter van die SWD-Arende, het maar min tyd om sy stempel by die Russiese klub Yenisey-STM Krasnoyarsk af te druk.

Rynhard van As (regs) in ’n ligte luim ná een van die SWD-Arende se wedstryde toe hy nog die span gebrei het. Links is Le Roux Baard. Foto: Facebook

Van As het hom op 3 Maart as ’n konsultant by die klub aangesluit. Sy aanvanklike kontrak is vir drie maande, maar dit kan verleng word indien die klub met hom tevrede is.

“Ons is tans in Turkye besig om vir ons twee komende wedstryde teen Timisora Saracens voor te berei,” het Van As via e-pos laat weet.

Dié wedstryde maak deel uit van die Europese Uitdaag-skildreeks en vind op 30 Maart en op 20 April plaas.

Volgens Van As sal die wenner op 20 Mei in Londen in ’n uitspeelwedstryd teen die Dragons te staan kom.

Die wenner kwalifiseer dan om die volgende seisoen in die Europese Beker-reeks te speel.

Yenisey-STM Krasnoyarsk was die afgelope twee seisoene die Skild-wenner.

Die taal is uitdagend en hulle gebruik maar tolke om te help met kommunikasie.
Rynhard van As

Hoewel van As tans net as konsultant by die Russiese klub betrokke is, dink hy daar is ’n kans dat hy in die toekoms ook meer betrokke by die Akademie kan raak.

“Die taal is uitdagend en hulle gebruik maar tolke om te help met kommunikasie,” sê Van As.

“Op die oomblik is my vrou nog in George en sal ons weer herbesin oor ons toekoms wanneer hulle (Yenisey-STM Krasnoyarsk) my kontrak hersien.”

Volgens Van As is daar tans drie Suid-Afrikaanse spelers – Jeremy Jordaan (slot, Griekwas), Gene Willemse (veelsydige agterspeler, Luiperds) en Dean Gordon (vleuel, Leeus) – op ’n proefgrondslag by die Russiese klub.

Meer oor:  Rusland  |  Swd-Arende  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.