Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rynhardt in wolke oor Bok-buiging wink

Toe Rynhardt Elstadt teen die einde van 2017 sy rugbywortels hier in Suid-Afrika gelig en in Frankryk gaan plant het, het hy nie gedink dit sal ’n stap in die rigting van ’n Springboktrui wees nie.

Rynhardt Elstadt sal Saterdag teen die Wallabies sy Bok-debuut maak. Foto: Gallo Images

Tog is hierdie voormalige flank van die Stormers beloon deurdat hy sy Bok-debuut Saterdag op Ellispark teen Australië te maak.

“Dit is vir my ’n geweldige eer,” het Elstadt Woensdag by die spanaankondiging gesê.

“My spel het in Frankryk ten goede ontwikkel. Ek glo ek is nog basies dieselfde persoon, maar ek is wel kalmer op die veld en speel ook meer na die bal toe en ook nie meer eintlik die man nie.”

In sy speeldae hier by die Westelike Provinsie en Stormers het hy ’n reputasie gehad as iemand wat geniepsig kan wees.

Elstadt het vir die Franse Top14-kampioen, Toulouse, as losvoorspeler uitgeblink.

“Daar word ’n heeltemal ander soort rugby daar gespeel. Die tempo in Frankryk is stadiger as wat dit hier in die Suidelike Halfrond is en ek voel daar word hier ook harder aan ons rugby gewerk as daar in Frankryk.

“Maar rugby is rugby en ek is superopgewonde om deel van die Bok-opset te kan wees. Ek gaan op die veld draf met die benadering om net die beste te doen wat ek kan.”

Hy sê die seisoen is besonder lank in Frankryk.

“Ons speel omtrent tien maande van die jaar. Ek het daar geleer om dinge net wedstryd vir wedstryd te vat en nie te ver vooruit te kyk nie,” sê Elstadt, wat homself teen die Wallabies op ’n spesiale manier in toetsrugby wil aankondig.

“Die taal was aanvanklik ook maar ’n groot probleem, maar namate jy ingeskakel word, raak alles al hoe makliker en pas jy dan gou aan.”

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Wallabies  |  Rynhardt Elstadt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.