Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA base kyk na opsies vir Junior Bokke

SA Rugby ondersoek speelgeleenthede vir die Junior Bokke in 2021 met volgende jaar se Junior Wêreldtoernooi wat moontlik weens Covid-19 in die slag kan bly.

Rikus Pretorius was in 2019 een van die Junior Bokke se uitblinkers in die o.20-Wêreldtoernooi. Foto: Getty Images

Rapport verneem ’n Britse en Ierse Leeus o.20-toer is een van vele opsies wat deur SA Rugby vir die Junior Bokke oorweeg word.

’n Toernooi in Suid-Afrika waarin die jong spanne van die Sesnasies-lande en Sanzaar-lidlande speel, word ook bespreek.

Nog ’n moontlikheid is dat die Junior Bokke volgende jaar in ’n Suidsee-Eilande-toernooi speel.

Die Sanzaar-spanne, Fidji, Samoa en Japan sal daaraan deelneem.

Dis onseker wanneer SA Rugby ’n besluit sal neem of Wêreldrugby ’n aankondiging oor volgende jaar se Junior Wêreldtoernooi sal maak.

Weens geldelike redes bestaan daar volgens ’n ingeligte groot kommer oor die toekoms van die Junior Wêreldtoernooi.

’n Kans bestaan selfs dat die toernooi, wat die Junior Bokke in 2012 gewen het, nooit weer aangebied sal word nie.

Meer oor:  Jong Bokkies  |  Sa Rugby  |  Junior Bokke  |  Sanzaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.