Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA goed verteenwoordig in kwarteind
Die voormalige Springbok-losvoorspeler Marcell Coetzee is een van verskeie Suid-Afrikaners wat Saterdag in die kwarteindronde van die Pro14-reeks in aksie gaan wees. Foto: Gallo Images

Die Cheetahs en Southern Kings se doppie is lankal geklink, maar agt Suid-Afrikaanse rugbyspelers kan steeds hul stem dik maak in die kwarteindronde van die Pro14-reeks, wat Saterdag afgehandel word.

Munster speel op Thomond Park in Limerick teen Benetton Treviso en Ulster speel in die Kingspan-stadion in Belfast teen Connacht.

Die wenner van die kragmeting tussen Munster en Benetton sal in die halfeindronde teen Leinster, wat reeds gekwalifiseer het, speel.

Die Glasgow Warriors wag weer vir die wenner van die stryd tussen Ulster en Connacht.

Die Suid-Afrikaanse baljagter-flank Chris Cloete is Saterdag vir Munster in aksie in die kwarteindronde van die Pro14-reeks.Foto: Getty Images

Munster, afgerig deur die Suid-Afrikaner Johann van Graan, het die meeste SA manne in sy span. Die losvoorspelers CJ Stander en Chris Cloete en die slot Jean Kleyn is in die beginspan, terwyl die losvoorspeler/slot Arno Botha op die plaasvervangersbank is.

Stander en Cloete sal wakker moet wees, want die voormalige Stormers-skrumskakel Dewaldt Duvenage begin vir Benetton.

Braam Steyn, wat al jare lank in Italië rugby speel, is een van Benetton se flanke.

Irné Herbst, ’n voormalige slot van die Southern Kings, is een van die Italiaanse span se plaasvervangers.

Daar sal net een Suid-Afrikaner in aksie wees in die stryd tussen Ulster en Connacht. Dít is die voormalige Springbok-losvoorspeler Marcell Coetzee, wat vir Ulster op agtsteman gekies is.

Meer oor:  Chris Cloete  |  Marcell Coetzee  |  Europa  |  Kwarteindronde  |  Pro14  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.