Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA kry eie Reënboog-reeks

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Woensdag bevestig dat die Bulle, Leeus, Stormers en Haaie nie meer aan die Reënboogbeker-reeks teen Europese spanne sal deelneem nie.

Die Stormers en die Haaie sal nie meer Vrydagaand in die Kaapstad-stadion teen mekaar te staan kom nie. Foto: Gallo Images

In die plek hiervan sal die vier SA spanne nou in 'n plaaslike kompetisie, Rëenboogbeker SA, in 'n dubbelronde van derbies teen mekaar speel.

Die Stormers sou Vrydagaand teen die Haaie en die Bulle Saterdag teen die Leeus te staan gekom het in die eerste ronde van die oorspronklike kompetisie, wat ’n voorganger sou wees vir die Pro16-reeks.

Die Europese spanne sal steeds in 'n noordelike weergawe van die Reënboogbeker-reeks teen mekaar speel.

Dié besluit volg nadat Saru Dinsdag met die bestuur van Pro-rugby vergader het.

Weens die internasionale reisverbod op Suid-Afrikaanse reisigers kan die land se rugbyspelers nie Europa toe gaan vir hul Reënboogbeker-wedstryde daar nie. Volgens Saru was dit desondanks verskeie pogings om die nodige toestemming te kry.

• Meer inligting oor die bepalings van die Reënboogbeker SA-reeks sal later bekend gemaak word.

Meer oor:  Haaie  |  Pro14  |  Stormers  |  Leeus  |  Europa  |  Bulle  |  Reënboogbeker  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.