Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA manne kry Amerika terug op wenpad
Hanco Germishuys het ’n driekuns aan drieë vir sy aangenome land teen Kanada behaal.Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaans gebore flank Hanco Germishuys (25) het ’n driekuns aan drieë behaal in Amerika se sege met 38-16 oor Kanada Saterdag in Glendale, Colorado.

Die VSA het met die rustyd reeds met 25-9 voorgeloop en het in die reënweer sy eerste sege in agt toetse behaal.

Die Eagles se gesamentlike telling teen hul buurman in hul twee wedstryde ter kwalifisering vir die Wêreldbeker-toernooi in 2023 was 59-50.

Kanada het die spanne se eerste wedstryd verlede week verrassend met 34-21 in St. John’s, Newfoundland, gewen.

Germishuys se drie drieë was almal in die eerste helfte.

Ruben de Haas / Foto: Facebook

Nog ’n gebore Suid-Afrikaner, die skrumskakel Ruben de Haas, het ook gehelp om die bordjies in die spanne se herontmoeting met Kanada te verhang.

Hy het ook een van die wenspan se ses drieë gedruk en boonop met ’n skepdoel geslaag.

Dié voormalige Cheetah-skrumskakel, wat voortaan sy klubrugby vir Saracens gaan speel, was van bykans 45 meter in die kol met sy skepskop.

Die 22-jarige De Haas het kort daarna, toe hy ’n bal afgestorm het, sy span se eerste drie van die tweede helfte gedruk.

Christian Dyer en Joe Taufete het die ander drieë gedruk.

Kanada het aan die einde ’n strafdrie gekry.

Die tuisspan het met sewe veranderinge in sy groep opgedraf. Amerika se afrigter, die Suid-Afrikaner Gary Gold, het onder meer ’n nuwe voorry gekies.

Amerika speel nou op 2 en 9 Oktober teen Uruguay vir ’n plek in Groep A in die WB-toernooi in Frankryk.

Amerika speel nou op 2 en 9 Oktober teen Uruguay vir ’n plek in Groep A in die WB-toernooi in Frankryk.

Die Hane, All Blacks, Italië en ’n kwalifiseerder van Afrika is die ander spanne in Groep A.

Dis nog nie neusie verby vir die Kanadese nie, wat nog nie een WB-toernooi misgeloop het nie.

Hulle kom nou te staan teen Chili. Die wenner gaan teen die verloorder van die reeks tussen die Eagles en Uruguay speel om ’n plek in Groep D, waarin Engeland, Argentinië, Japan en Samoa is. – Sportredaksie, Sport24

Op Twitter:

Meer oor:  Hanco Germishuys  |  Ruben De Haas  |  Kanada  |  Amerika  |  Wêreldbeker-Toernooi  |  Kwalifisering  |  Vsa  |  Rugby. Mlr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.