Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA manne se punte nie genoeg

Edinburgh se Suid-Afrikaanse spelers het Sondagaand altesame 21 van hul rugbyspan se 26 punte teen Connacht in ’n Pro14-wedstryd aangeteken, maar dit was nie goed genoeg vir ’n sege nie.

Michael Willemse het sy bes probeer, maar Connacht het daarin geslaag om Edinburgh op Murrayfield te klop. Foto: Getty Images

Connacht was met 37-26 baas op Murrayfield nadat die Ierse span rustyd met 23-14 voorgeloop het.

Die voormalige Southern Kings-haker Michael Willemse het vir Edinburgh twee drieë gedruk en die voormalige Leeus- en Stormers-skrumskakel Nic Groom het ook die doellyn een keer oorgesteek.

Die losskakel Jaco van der Walt, voorheen van die Leeus, het drie doelskoppe deur die pale gejaag.

Richard Cockerill, Edinburgh se afrigter, sal nie regtig in sak en as wees oor die nederlaag nie aangesien hy nie sy beste span kon kies vir die kragmeting nie.

Altesame 17 spelers van Edinburgh is tans op die krukkelys of vir internasionale diens vir Skotland opgeroep.

Skotland het Vrydagaand in ’n opwarmingswedstryd teen Georgië gespeel en is komende Saterdag in Cardiff in sy laaste Sesnasies-stryd teen Wallis in aksie.

Edinburgh se volgende wedstryd is op Sondag 1 November teen die Dragons in Newport.

Die kans is goed dat die voormalige Leeus- en Bulle-slot Andries Ferreira dan sy debuut vir Edinburgh sal maak.

Ferreira het hom verlede week met ’n jaar lange kontrak by die Skotse span aangesluit. – Sportredaksie


Meer oor:  Connacht  |  Pro14  |  Edinburgh  |  Michael Willemse  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.