Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Suid-Afrika se ‘naasbestes’ skok Blitsbokke
Siviwe Soyizwapi, kaptein van die Blitsbokke. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika 2, wat beskou kan word as die nasionale sewesspan se naasbestes, het vir ’n groot opskudding gesorg deur die Blitsbokke te klop.

SA 2 het Vrydag met 21-12 in Stellenbosch geseëvier in ’n toernooi ter voorbereiding van die Olimpiese Spele.

Duidelik was spelers van SA 2, soos Christie Grobbelaar en Ronald Brown, oorgehaal om Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, te wys dat hulle graag na Tokio wil reis.

Teen rustyd was die telling 14-5 in die guns van SA 2. Dié span het gewemel van minder bekende spelers, spelers wat nog nie vir die Blitsbokke in Wêreldrugby se sewesreeks uitgedraf het nie.

Dat hulle ’n punt wou bewys, is seker te verstane. SA 2 het op meer as een geleentheid omgekeerde besit bewerkstellig, terwyl Grobbelaar ’n paar goeie lopies met die bal in die hand ingekry het.

Kort voor rustyd het Brown sy vaart ten toon gestel toe hy deurgeglip het vir sy span se tweede drie.

Aan die kant van die Blitsbokke het hul kaptein, Siviwe Soyizwapi, en James Murphy gevaarlik gelyk met die bal in die hand.

Meer oor:  Suid-Afrika 2  |  Sewes  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.