Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA kykers 'het g'n idee hoe taai reeks is'
Die senter Dries Swanepoel het waarskynlik teen die Southern Kings sy beste vertoning nog in ’n Cheetah-trui in die spanne se Pro14-wedstryd gelewer.Foto: Gallo Images

Hy gun Saterdagaand se oorwinning vir sy spelers, het ’n emosionele Cheetahs-breier, Franco Smith, ná sy span se wegholsege oor die Southern Kings in die spanne se laaste Pro14-wedstryd Saterdag in Bloemfontein gesê.

Die Cheetahs het die Kings met 61-25 afgeransel nadat hulle rustyd met 28-13 voorgeloop het.

“Dis wonderlik vir die spelers, ek gun dit vir hulle,” sê Smith, wat met ’n pos by Italië verbind word en waarskynlik die laaste keer in dié reeks die span afgerig het.

“Ek dink die groep het die afgelope seisoen goed ontwikkel en ons sit nou met meer ervare Pro14-spelers.

“Ek dink ons is nou gewoond aan die reeks en ondanks die uitslae is ek opgewonde oor die bestendigheid in van ons vertonings.”

Die Cheetahs het die seisoen net agt van hulle 21 wedstryde gewen.

“Ons word gemeet aan uitslae en ondersteuners in Suid-Afrika het geen idee hoe taai dié reeks is nie.

“Ons is nou aan die einde van die reeks en ons weet presies wat nodig is om vorentoe te gaan. Die komende Curriebeker-reeks sal belangrik wees oor hoe ons in die volgende Pro14-seisoen gaan vertoon.

“Ek wil ook die Kings komplimenteer, want ons was aan die begin van die week bekommerd dat hulle negatief gaan wees. Ek moet sê hulle het regtig baie positiewe rugby gespeel. Hulle het drieë gedruk waarvan ek nie gehou het nie en hul spel was regtig positief.”

Die Kings se breier, Deon Davids, het nie doekies omgedraai en gesê hulle het baie meer van hulself verwag. Daarby het die geelkaart wat die Fidjiaanse vleuel Meli Rokoua gekry het, hulle ook nie gehelp nie sê hy.

“Ons het goed begin maar op kritieke tye onsself in die steek gelaat deur geleenthede vir die teenstanders te gee om in ons kwartgebied te kom en hulle het daarvandaan punte aangeteken.

Ek wil ook die Kings komplimenteer, want ons was aan die begin van die week bekommerd dat hulle negatief gaan wees.
Franco Smith

“Ons het ook op kritieke tye drieë afgestaan wat ons nie gewoonweg sou afstaan nie. Om een of ander rede was die energie en organisasie nie so skerp soos ek verwag het dit sou wees nie,” sê Davids.

Hy sê die gebrek aan ervaring het hulle die laaste twee seisoene het hulle kwaai gebyt, maar dit lyk of hulle voortaan ’n posisie sal wees om beter daaraan toe te wees.

“Kyk maar na vanaand (Saterdag) se wedstryd, ons het nie dieselfde diepte as die Cheetahs nie en dit kon teen die einde gesien word.”

* Davids se naam het die naweek ook opgeduik as ’n moontlike opvolger vir Smith as Cheetahs-breier en hy stel beslis in die pos belang.

Gegewe dat hy tot middel volgende jaar by die Kings gekontrakteer is, sal hy seker ook nie in die middel van die seisoen sy span wil verlaat om hom by ’n ander span in dieselfde reeks aan te sluit nie.

Dit kan meebring, sou hy die geskikte kandidaat wees om Smith vervang, dat hy reeds voor die begin van die volgende Pro14-seisoen by die Cheetahs kan inval.


Meer oor:  Deon Davids  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Southern Kings  |  Franco Smith  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.