Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA Rugby gee Blitse groen lig ... vir nou

Vrese dat die Blitsbokke “toegemaak” sou word oor die geldelike impak van die koronavirus, is deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie besweer.

Met die afstel van die eerste vier toernooie van die Wêreldreeks, en die wolk van onsekerheid oor die res van 2021 se seisoen, was daar groot kommer dat dit die Springbok-sewesprogram erg sou raak.

Neil Powell. Foto: Getty Images

Daar is wel begroot vir die afstel van die eerste twee toernooie in Dubai en Kaapstad, maar toe Sydney en Hamilton ook in die slag gebly het, was daar onsekerheid oor die nasionale sewesspan se voortbestaan.

Suid-Afrika se sewes is egter een van die min wat wêreldwyd oorleef nadat die spelers en afrigters groot salarisbesnoeiings aanvaar het.

Nieu-Seeland en Australië se sewesspanne het ook ’n ineenstorting oorleef, met spelers en afrigters wat ook ’n groot deel van hul salarisse moes prysgee.

In Engeland, Amerika en Kanada het sewesrugby heeltemal in duie gestort.

Rapport verneem die Blitsbokke het die versekering van SA Rugby gekry dat hulle vir die afsienbare toekoms veilig is. Die Blitsbokke het intussen die afgelope week tot die speelveld teruggekeer in ’n rits opwarmwedstryde.

Neil Powell, afrigter van die Blitse, het ’n rits groentjies ingespan.

“Ek was baie beïndruk met hoe goed die ouens Dinsdag gespeel het, veral hoe hulle dit wat ons geoefen het, op die veld in werking gestel het,” het Powell Vrydag gesê.

Meer oor:  Sewes  |  Sa Rugby  |  Wêreldreeks  |  Blitsbokke  |  Covid-19  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.