Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA Rugby het ’n nuwe Oliphant in die kamer

Die poppe dans behoorlik in die wandelgange van SA Rugby nadat dit aan die lig gekom het dat die omstrede Willem Oliphant die 19de lid van Rassie Erasmus se bestuurspan vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi kan word.

Willem Oliphant

Oliphant, ’n voormalige spanbestuurder van die SA o.20- en die SA A-span, gaan glo binnekort in ’n logistieke pos aangestel word.

Dié sakeman het verlede jaar opslae gemaak toe hy voor die reeks teen Engeland uit die Bok-kamp gestorm en sy bedanking ingedien het.

Terwyl Oliphant toe aan Rapport gesê het hy was kwaad omdat hy nie ’n behoorlike aanstellingsbrief gekry het nie, is daar mense in die Springbok-binnekring wat meen hy was ontevrede met die take wat hy moes verrig.

Daaronder tel glo dat hy spelers se wasgoed moes uitsorteer en waterbottels uitwas.

’n Ingeligte het oor die plan om Oliphant aan te stel, gesê: “Dit is omstrede. As hy aangestel word, sal die hele gees binne die spanbestuur verander. Daar is mos ’n logistieke bestuurder.”

Die Bokke se huidige logistieke bestuurder is die voormalige Griffons-kaptein JJ Fredericks, wat ook by die vorige Wêreldbekertoernooi dié taak verrig het.

Die Springbokke se bestuurspan bestaan reeds uit 18 lede. Wêreldrugby sal betaal vir 15 om na die Wêreldbeker in Japan te gaan, terwyl die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) vir die res moet opdok.

Oliphant was voorheen die Southern Kings se spanbestuurder en is ook die voorsitter van die Despatch-rugbyklub.

Hy het onlangs by SA Rugby se kantore ’n vergadering met die uitvoerende hoof, Jurie Roux, gehad. Rapport se bronne meen dit was om die pos te finaliseer.

Rapport se navrae aan Oliphant, SA Rugby en Roux is nie beantwoord nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.