Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA se rugby-afrigters vat raak oorsee

Buiten dat die voormalige Springbok- en Bulle-afrigter Heyneke Meyer groot sukses oorsee by die Franse klubspan Stade Français behaal, is daar verskeie ander breiers uit Suid-Afrika wat met hul afrigtingswerk by klubspanne in Brittanje, Frankryk, Japan en Amerika presteer..

Onder hulle tel (soos sake nog voor die naweek gestaan het):

  • Johan Ackermann se klubspan Gloucester beklee die vierde plek uit 12 spanne op die Engelse Premierliga. Ackerman-hulle het 18 ligapunte ná ses wedstryde ingesamel.
  • Johann van Graan se Ierse klubspan Munster is in die tweede plek van die Pro14-reeks se Groep A. Munster het sover vyf uit agt kragmetings in die reeks gewen. Van Graan is ’n voormalige hulpafrigter van die Bulle en die Springbokke.
  • Die voormalige Bul-heelagter Marius Goosen se Italiaanse klubspan Treviso is in die vyfde plek met 17 punte ná agt wedstryde in Groep B van die Pro14. Goosen is vroeër tot 2020 as Italië se verdedigingsafrigter aangestel.
  • In Japan se Topliga het Jake White se Toyota Verblitz en Frans Ludeke se Kubota Spears tot die uitspeelrondes deurgedring.
  • Allister Coetzee se Canon Ea­gles is in wedstryde betrokke wat sal bepaal wie later in die promosie-en-relegasiewedstryde speel.
  • Gary Gold se Amerikaanse span het onlangs met die hulp van Brendan Venter, nog ’n voormalige Bok-afrigter, ’n geskiedkundige eerste sege van 30-29 oor Samoa behaal.
Meer oor:  Oorsee  |  Afrigters  |  Suid-Afrikaners  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.