Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Superrugby: SA span uitgeskop in 2018

Die Superrugby-reeks gaan moontlik weer verander word sodat 16 in plaas van 18 spanne vanaf 2018 in dié reeks sal speel.

Die Suidelike Halfrond se prestige-rugbyreeks gaan glo weer hersien word met ’n Suid-Afrikaanse en Australiese span wat opgeoffer sal word ter wille van ’n meer vaartbelynde kompetisie.

Die Suid-Afrikaanse span wat laaste eindig op die puntelys sal moontlik dan in die slag bly.

Suid-Afrika het op die oomblik ses spanne in dié reeks. Rapport verneem dat daar reeds kommunikasie tussen Sanzar as Superrugby se beheerliggaam en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie in dié verband was.

Die Australiese spanne sal vanjaar onder ewe veel druk wees om die valbyl vry te spring met een Aussie-span wat sal verdwyn.

Vanweë die Nieu-Seelandse spanne se sukses in die reeks, is daar tans geen sprake dat hulle aantal spanne sal krimp nie.

Die Kings se deelname is ’n ander kwessie wat nog onder die loep sal kom.

Die vraag is of die Kings op meriete in die kompetisie sal speel en of dié span van die Oos-Kaap om politieke redes verskans is as een van die uiteindelike vyf.

As die Kings se deelname ’n gegewe is, sal die Stormers, Bulle, Haaie, Leeus en Cheetahs vir die oorblywende vier plekke moet speel.

Die Kings is juis sy status as Premierspan in die Curriebeker kwyt.

Dis nog onseker wie van die Boland of die Pumas die sewende span in vanjaar se Premierliga van die Curriebeker-reeks sal wees saam met Griekwas, die Vrystaat, Leeus, Blou Bulle, Haaie en Westelike Provinsie.

Meer oor:  Superrugby-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.