Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA spanne se deelname aan Pro12 bevestig

Die Pro12-liga sal in September uitbrei tot 14 spanne om plek te maak vir die Kings en die Cheetahs.

Dit is Woensdag bevestig dat die Cheetahs en Kings van volgende seisoen af saam met die voorste klubspanne van Ierland, Wallis, Skotland en Italië in die uitgebreide Pro-reeks in Europa sal meeding. Foto: Gallo Images

BBCSport het Woensdag op sy webblad bevestig die Suid-Afrikaners sal volgende seisoen saam met die voorste klubspanne van Ierland, Wallis, Skotland en Italië in die uitgebreide Pro-reeks in Europa meeding.

Die nuwe ooreenkoms sal na berig word ’n ekstra £6 miljoen (sowat R101 miljoen) per seisoen vir die liga in die sak bring danksy die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se betrokkenheid en die bykomende TV-inkomste.

Die twee Suid-Afrikaanse spanne sal in afsonderlike groepe meeding, met die Pro14 wat ’n nuwe formaat bestaande uit twee groepe van sewe spanne aanneem.

Die Kings en Cheetahs sal meeding teen een span elk van Skotland en Italië en twee spanne elk van Wallis en Ierland.

Spanne sal in hul groep in weg- en tuiswedstryde teen mekaar te staan te kom (12 wedstryde) en daarna ’n kragmeting teen elke span in die ander groep speel vir ’n totaal van 19 wedstryde voor die uitspeelronde begin.

Spanne in die tweede en derde plek in hul groep sal sake uitspook om saam met die twee groepwenners na die halfeindronde deur te dring.

Na berig word genereer die Pro12 tans £12 miljoen (sowat R202 miljoen) uit TV-verdienste, wat beteken die Suid-Afrikaners se deelname verteenwoordig ’n groot sprong vorentoe vir die rugbyunies van Skotland, Wallis en Ierland in hul poging om die finansiële gaping met die Engelse Premierliga en Franse Top14-liga te laat krimp.

Die verhoging in inkomste sal sowat £500 000 ekstra per seisoen vir die Skotse, Ierse, Walliese en Italiaanse spanne in die Pro12 in die sak bring.

– Sportredaksie

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Kings  |  Pro12
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.