Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA spanne ‘vermorsing van tyd’ in Pro14
’n Toneel uit die enigste wedstryd wat die Southern Kings in die huidige Pro14-seisoen kon wen. Dit was toe die Oos-Kapenaars op 9 November verlede jaar met 16-14 in Swansea baas was teen die Ospreys. Foto: Getty Images

As die voormalige Ierse kaptein Keith Woods sy sin kon kry, sou die Cheetahs en die Southern Kings maar totsiens vir die Pro14-reeks moes sê.

Woods het aan die webwerf offtheball.com gesê hy “hou nie” van die Pro14-reeks nie en soek ’n mededingender reeks tussen Britse en Ierse klubs.

“Ek het nog nooit die nut daarin gesien om Italiaanse klubs, wat nie ’n geskiedenis van wedywering met die Britse en Ierse klubs het nie, in ’n Keltiese reeks te sit nie,” het Woods gesê.

“En die Suid-Afrikaanse spanne is vir my ’n absolute vermorsing van tyd.”

Volgens Woods is dit “wat speler-welvaart betref” nie reg om in die middel van jou seisoen “skielik” na die “hoëveld” af te sit vir ’n wedstryd nie.

As dit van Keith Woods afhang, kan die Cheetahs en die Kings maar uit die Pro14-reeks weggelaat word.Foto: Getty Images

Woods hou van tradisionele tweestryde. Daarom is hy ’n voorstander van ’n reeks wat die mededingendheid van die Sesnasies-reeks kan weerspieël.

Hy meen wedstryde tussen die Britse en Ierse klubs sal meer belangstelling by toeskouers aanwakker.

Woods voel minder negatief oor die Europese Kampioenebeker-reeks.

Hy voel dié reeks, wat al sedert 1995 gespeel word, het deur die jare in aansien gegroei en sorg ook vir intense, mededingende wedstryde. – Sportredaksie

Meer oor:  Pro14-Reeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.