Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA spelers sondaars in opkikkertoetse

Statistieke oor Engelse rugby se stryd teen verbode middels het ’n interessante Suid-Afrikaanse kinkel gekry.

Ashley Johnson is verlede jaar vir ses maande deur die Engelse Rugbyunie geskors nadat hy positief getoets het vir ’n verbode middel. Foto: Getty Images

Van die 739 opkikkertoetse wat die Engelse Rugbyunie (RFU) in die 2017-2018-seisoen in beroepsrugby uitgevoer het, het slegs twee positiewe toetse opgelewer.

En die twee skuldiges was albei spelers van Suid-Afrika.

Die een was die gewese Springbok-losvoorspeler Ashley Johnson, wat met groot sukses deur Wasps, ’n Engelse Premierliga-klub, in ’n haker omskep is.

Johnson, wat in 2011 in drie toetse vir Suid-Afrika gespeel het, het verlede jaar in Februarie positief getoets vir die verbode middel hidrochlorotiasied. Hy het dit ingekry toe hy per ongeluk een van sy vrou se verslankingspille (The Secret) pleks van sy wettige aanvullingspil (Nutrilean) gedrink het.

Hy is vir ses maande geskors.

Die ander Suid-Afrikaner wat positief vir ’n verbode middel getoets het, was die flank Brandon Staples.

Hy het vir Yorkshire Carnegie, ’n klub van Leeds wat in die vlak onder die Engelse Premierliga speel, uitgedraf. Sy opkikkertoets in Augustus 2017 het egter tekens van nie minder nie as drie verskillende steroïede in sy gestel gevind en hy is in April 2018 ’n strawwe skorsing van vier jaar opgelê. Sy appèl teen dié skorsing het destyds misluk.

Staples het as skoolseun by Glenwood High groot indruk gemaak en KwaZulu-Natal op junior vlak verteenwoordig. – Reuters; independent.co.uk; schoolboyrugby.co.za

Meer oor:  Ashley Johnson  |  Opkikkers  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.