Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA vroue kan nie soos Blitse teen Fidji maak
Zenay Jordaan van die Suid-Afrikaanse vroue-sewesspan. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse vroue-sewesrugbyspan kon die Blitsbokke dit nie nadoen om Fidji in die Kaapstad-toernooi te klop nie.

Die Fidjiane het die tuisspan Saterdag met 27-0 verslaan. Dít nadat die Suid-Afrikaanse mans vroeër die dag hul eweknie van Fidji met 26-14 in ’n groepwedstryd getroef het.

Kort voor die wedstryd tussen die Imbokodo, soos wat die nasionale vrouespan bekend staan, en Fidji het ’n ligte motreën oor die Moederstad begin neersif. Dit het nie die toeskouers se geesdrif gedemp nie, hoewel dit hulle laat skuiling soek het teen die nattigheid.

Die nat weer het wel die hantering van die bal effens bemoeilik, met die tuisspan wat aan ’n hanteerfout of twee skuldig was.

Die Suid-Afrikaners het min van die bal gesien en is boonop genadeloos by die afbreekpunte deur die skeidsregter gestraf.

Die nederlaag beteken dat die Imbokodo hul drie groepwedstryde sonder enige oorwinning afgesluit het. Tog hoef die span nie in sak en as te wees nie, met ’n speler soos Nadine Roos wat groot belofte toon.

Roos is ook laat in die wedstryd met ’n drie beloon, iets wat beslis die goedkeuring van die skare weggedra het.

Maar Fidji was duidelik in ’n ander klas en nog baie werk lê vir die Suid-Afrikaners voor om mededingend op die topvlak van internasionale sewes te wees.

* Puntemakers: Fidji 27 (17): Drieë: Roela Radiniyavuni, Asinate Savu, Lavenia Tinai, Vasiti Solikoviti (2)

Doelskop: Tinai.

Suid-Afrika 5 (0): Drie: Nadine Roos.

Meer oor:  Sewes  |  Kaapstad-Sewestoernooi  |  Imbokodo  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.