Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sewes: SA vroue loop hul weer vas

Die Suid-Afrikaanse vroue-sewesspan het die Kaapstad-toernooi Sondag segeloos afgesluit.

Die Imbokodo se kaptein, Zintle Mpupha. Foto: Gallo Images

Spanje het die tuisspan, wat as die Imbokodo bekend staan, in die uitspeelwedstryd om die negende plek met 19-7 geklop.

Daar was tye dat die Suid-Afrikaners op die aanval gevaarlik gelyk het, maar dit het ongelukkig nie in die eerste helfte op punte uitgeloop nie. 

Iemand soos Rights Mkhari het stewig verdedig, maar dit was nie genoeg om die gety te draai nie. 

Toe Liske Lategan in die tweede helfte oorduik vir ’n drie, het die skare hande geklap en hul waardering gewys. 

Die Imbokodo, wat deelgeneem het omdat Suid-Afrika die gasheer van Wêreldrugby se sewesreeks is, het nog ’n entjie om te stap om mededingend op dié vlak deel te neem. Maar hulle is nie verneder nie, en het gewys die wil en die hart is daar.

Puntemakers: 

Spanje 19 (12): Drieë: Barbara Pla, Olivia Fresneda, Patricia Garcia. Doelskoppe: Garcia (2).

Suid-Afrika 7 (0): Drie: Liske Lategan. Doelskop: Nadine Roos. 

Meer oor:  Sewesrugby  |  Imbokodo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.