Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SA vroue se pad na WB loop deur Afrika

Ondanks die struikelblokke wat Renfred Dazel en sy vrouesewesspan ondervind het, is dié Springbokke oorgehaal om vandeesweek by die Afrika-sewestoernooi in Tunisië vir hulle ’n plek in volgende jaar se Wêreldbeker-sewestoernooi oop te speel.

As ons kan kwalifiseer vir die Wêreldbeker, gaan dit volgende jaar ’n ekstra geleentheid aan ons bied om teen groter spanne te speel.

Dazel en sy span moes ’n paar spoedbulte oorkom om seker te maak hulle is gereed vir dié kompetisie, wat op 16 en 17 September beslis word.

Verskeie van sy spelers het nog agter die boeke op universiteit gesit toe die span begin oefen het, terwyl ander met ligte skete opgesaal was. Dit het beteken hulle kon eintlik eers begin voorberei enkele weke voordat die kompetisie afskop.

“Ons het egter net een doel voor oë en dit is om vir die Wêreldbeker te kwalifiseer,” sê Dazel.

“Ek dink die toernooi (om te kwalifiseer) kom op die regte tyd vir ons. Dit is reg voor die begin van ons nuwe seisoen (in Desember). Dit bied aan die span die ideale kans om sommer nou al te begin raakvat met wat ons wil bereik.

“As ons kan kwalifiseer vir die Wêreldbeker, gaan dit volgende jaar ’n ekstra geleentheid aan ons bied om teen groter spanne te speel.”

Die Wêreldbekertoernooi word in 2018 in San Francisco aangebied. Kenia behoort in Tunisië die Suid-Afrikaners se strafste teenstander te wees.

Suid-Afrika oorheers egter die Afrika-toernooi en hou die kroon sedert 2013.

As hulle wel kwalifiseer, hoop Dazel die blootstelling in die Wêreldbeker sal uiteindelik daartoe lei dat sy span vir Wêreldrugby se sewesreeks kan kwalifiseer.

Hulle het vroeër vanjaar net-net uitgemis om te kwalifiseer vir die 2017/18-reeks toe hulle teen Japan verloor het.

Hy sal graag wil sien dat al hoe meer vroue blootstelling kry sodat die spelerspoel, waaruit hy spanne kies, kan groei.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se besluit om sy provinsiale sewestoernooie te skrap weens finansiële probleme, is nog ’n struikelblok vir die nasionale sewesspanne. Dié toernooi is gewoonlik ’n voedingsbron vir Dazel en ook vir die Blitsbokke se Akademie-span, wat onder leiding van Marius Schoeman en Paul Delport staan.

Meer oor:  Renfred Dazel  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.