Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sage wil saam met Pollard, Kriel speel

Die Blitsbok-ster Dylan Sage is effens teleurgesteld dat hy nie meer by die Bulle onder John Mitchell sy voete in vyftienmanrugby gaan vind nie.

Maar die feit dat die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, se naam in die wandelgange by Loftus gefluister word as iemand wat in volgende jaar se Superrugby-reeks by die Pretoriase span betrokke gaan wees, maak hom goed opgewonde oor wat voorlê.

Sage het besluit om vir eers die seweskode vaarwel toe te roep om nes sy Blitsbok-spanmaats Ruhan Nel, Kwagga Smith en Seabelo Senatla, in die vyftienmankode aan te tree.

Dylan Sage in die trui van die Blou Bulle in die Curriebeker-reeks.

’n Proesel Curriebeker-rugby, waar die Bulle tot in die halfeindronde gevorder het, het hom nou honger gemaak vir nog van dié aksie.

Dat Mitchell die Bulle vir Engeland verruil het, nog voordat Sage die kans kon kry om met hom te werk, het die veelsydige agterspeler effens onthuts.

“Ek het baie goeie dinge van hom by die ouens gehoor toe ek in Pretoria aangekom het,” het Sage gesê.

“Natuurlik sou ek onder hom wou werk. Hy is een van die voorste afrigters ter wêreld. Die deur is egter nou toe daar en ons sal moet vorentoe kyk na wie anders inkom.

“Ons hoor maar die gerugte, en daar is baie van hulle, van wie die volgende afrigter gaan wees. Maar ons sal seker uitvind wanneer almal daarvan hoor. Die hoop is dat dit ’n afrigter gaan wees wat ’n goeie kultuur en goeie speelstyl sal kom vestig.”

Sage, wat ewe tuis op vleuel as op senter is, wil ook so gou as moontlik die fyner dinge in die vyftienmankode onder die knie kry.

Hy is nie heeltemal seker wat om te verwag by die Bulle se voorseisoense oefening wat môre begin nie. Al wat hy weet, is dat hy, anders as in vorige jare, nie meer heuwels in Stellenbosch sal moet uithardloop soos by die sewesgroep nie.

“Ek weet nie waarna om uit te sien nie, maar ek weet ek sien uit na die voorseisoense oefening daar bo. Die ouens het vir my gesê hulle werk baie hard in dié tyd. Dis nie so baie hardloopwerk soos by sewes nie, maar daar is baie nuwe goed wat ek sal moet aanleer en onder die knie kry.

“Dit gaan ’n goeie tyd wees om eers net my voete te vind en om al daardie fynere kunsies aan te leer, en veral aandag aan die kleiner dinge te gee.”

Een ding wat hom sommer baie vinnig laat welkom voel het by die Bulle, is die vuurdoop wat hy in die Curriebeker-reeks gekry het. Hy is sommer by die diepkant ingegooi en het vier wedstryde vir die Ligbloues gespeel.

Die drie wat hy in die Curriebeker-halfeindstryd teen die WP op Nuweland gedruk het, is ’n hoogtepunt, al het sy span daardie tweestryd verloor.

“Nou sien ek uit om saam met Springbokke soos Jesse Kriel en Handré Pollard in die Superrugby-reeks te speel.”

Meer oor:  Bulle  |  John Mitchell  |  Ruhan Nel  |  Kwagga Smith  |  Seabelo Senatla  |  Dylan Sage  |  Rassie Erasmus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.