Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sage op pad, maar bly in Spele-prentjie

Die Blitsbok Dylan Sage gaan sy loopbaan in Frankryk voortsit en homself in die afsienbare toekoms op die vyftienman-spel toespits, maar hy kan steeds vir 2021 se Olimpiese Spele in die prentjie wees.

Dylan Sage lê rieme neer doellyn toe in die Kaapstad-sewestoernooi in 2019. Foto: Gallo Images

Die 28-jarige Sage, ’n vleuel in die langer weergawe van die spel, was die afgelope drie seisoene op die Bulle se boeke, met sy kontrak wat aan die einde van die huidige seisoen verval.

Hy het in Januarie ’n enkelbesering opgedoen, wat sy seisoen kortgeknip en hom op die operasietafel laat beland het.

Sage het laat verlede jaar in die eerste twee toernooie van die nuwe seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks gespeel, en het gehoop om vir die Spele vanjaar oorweeg te word. Weens die Covid-19-pandemie is die Spele egter tot 2021 uitgestel.

Hy was in 2016 deel van die Blitsbok-span wat die bronsmedalje op die Spele in Rio de Janeiro verower het en word hoog aangeslaan deur dié span se afrigter, Neil Powell. Sage sal ook nie nee sê vir die geleentheid om weer vir die Blitsbokke op die Spele aan te tree nie.

“Ek dink daar is baie faktore waaroor ons nog uitsluitsel moet kry, soos daardie enkelbesering van hom. Die rehabilitasie van daardie spesifieke besering is nie altyd so eenvoudig nie, partykeer vat dit ’n bietjie langer as wat dit moet,” het Powell by navraag gesê.

“Ons stel beslis in hom belang en sal hom graag ’n kans in die Wêreldreeks wil gee om te kyk of hy sy kans kan gebruik en vir hom ’n plek oopspeel. Dan moet ons uit die aard van die saak met sy klub gesels en hoor of ons hom kan gebruik.

“Dit hang nou weer af van wanneer die rugby in Frankryk en ook die Wêreldreeks hervat word. Daar is dus ’n paar faktore wat ons dalk kan verhoed of dit gaan moeilik maak om hom vir die Spele beskikbaar te kry,” sê Powell.

Met Sage wat oor ervaring en bewese leierseienskappe beskik en boonop as voor- en agterspeler in sewes kan diens doen, kan hy ’n sleutelspeler in Powell se strewe wees om goud in Japan op die Spele te verower.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Frankryk  |  Sewes  |  Dylan Sage  |  Blitsbokke  |  Bulle  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.