Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Sale-Bokke’ span Du Preez-tweeling óók in

Die Sale Sharks gaan die 2019/’20-seisoen van die Engelse Premierliga met nie minder nie as agt Springbokke in hul geledere begin nadat hulle Dinsdag aangekondig het Jean-Luc en Dan du Preez sluit hulle op korttermyn-kontrakte by dié klubspan aan.

Dan en Jean-Luc du Preez gaan aan die einde van die Superrugby-reeks op korttermyn-kontrakte vir die Sale Sharks in Engeland speel. Foto: Getty Images

“Die 23-jarige tweeling het leen-ooreenkomste onderteken en sal hul ouer broer, Rob, na Manchester volg vir die begin van die seisoen, voordat hulle na Suid-Afrika terugkeer om in die Superrugby-reeks van 2020 vir die Haaie te speel,” het Sale in ’n verklaring gesê.

Net Dinsdag het dié klub, vir wie die Bok-skrumskakel Faf de Klerk en -senter Rohan Janse van Rensburg reeds speel, aangekondig die Bok-stut van die Haaie, Coenie Oosthuizen, sluit hom ook van volgende seisoen af voltyds by hulle aan.

Dit volg op die nuus dat die slot Lood de Jager, losskakel Rob du Preez en haker Akker van der Merwe hulle ook van volgende seisoen af voltyds by die span van Manchester aansluit.

Jean-Luc en Rob het reeds in die Suid-Afrikaanse voorseisoen vir Sale uitgedraf. Jean-Luc het ses wedstryde vir die span gespeel voordat hy met ’n besering oor die Nuwejaar teruggekeer het na Suid-Afrika.

Steve Diamond, Sale se direkteur van rugby, is verheug oor sy nuwe aanwinste.

“Hulle is albei reusagtige mans met ’n oorheersende fisieke teenwoordigheid. Dit is ’n groot hupstoot vir die klub om twee internasionale spelers van wêreldgehalte tot ons agttal te voeg vir volgende jaar,” sê Diamond.

Jean-Luc sê hy is geëerd om hom weer by Sale aan te sluit.

“Ek het my kort tydjie by die klub baie geniet verlede jaar – soveel so, dat ek besluit het om weer ’n korttermyn-kontrak met die span te sluit,” sê dié losvoorspeler, wat die Bokke al in 13 toetse verteenwoordig het.

“In die tussentyd is ek ten volle toegewyd aan die Haaie vir die res van die seisoen wat voorlê.”

Ek het baie goeie dinge oor die klub gehoor by Rob en Jean-Luc en ek kan nie wag om my by Sale aan te sluit in die winter en om saam met my broers in die Premierliga te speel nie.

Dan sê: “Ek het baie goeie dinge oor die klub gehoor by Rob en Jean-Luc en ek kan nie wag om my by Sale aan te sluit in die winter en om saam met my broers in die Premierliga te speel nie.”

Dan het reeds vier toetse vir Suid-Afrika gespeel.

Die tweeling se kontrakte met die Haaie verstryk volgende jaar en dié skuif is ’n aanduiding dat hulle waarskynlik daarna ’n voltydse skuif na Sale gaan maak.

Ondanks die rits Springbokke op dié klub se boeke, speel die voormalige Bulle-agtsteman Jono Ross ook sy rugby daar.

Die Engelse Premierliga begin op 20 Oktober – dieselfde naweek wat die kwarteindronde van die Wêreldbeker-rugbytoernooi plaasvind.

Meer oor:  Haaie  |  Jean-Luc Du Preez  |  Sale Sharks  |  Dan Du Preez
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.