Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sale se groot SA kwota maak opslae

Die Engelse klubspan die Sale Sharks het Woensdag aangekondig dat hy die dienste van die Bulle se Springbok-slot Lood de Jager vir drie jaar bekom het.

Lood de Jager is die Sale Sharks se nuutste aanwins. Foto: Getty Images

De Jager (26) is vroeg in 2019 as die Bulle se kaptein vir die Superrugbyreeks aangewys, maar is tans langs die kantlyn met ’n skouerbesering en nie verseker van ’n plek in die Bok-span wat aan die Wêreldbekertoernooi gaan deelneem nie.

Die feit dat Sale veral Suid-Afrikaanse spelers teiken om die klub te versterk gaan nie ongesiens verby nie.

Sale het onlangs die dienste van twee van die Haaie se Bokke, die losskakel Robert du Preez en haker Akker van der Merwe, bekom. Du Preez se broers, die tweeling Dan en Jean-Luc, pak ook moontlik hul tasse vir Manchester volgende seisoen.

Faf de Klerk, die Bok-skrumskakel, is reeds geruime tyd op dié klub se boeke, terwyl die voormalige Leeu-senter Rohan Janse van Rensburg en Bulle-losvoorspeler Jono Ross hul rugby vir Sale speel.

Hier is wat rugbyondersteuners in Engeland en Suid-Afrika te sê het:

– Sportredaksie

Meer oor:  Lood De Jager  |  Bulle  |  Sale Sharks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.