Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sale Sharks lag kritiek oor ‘Saffa Sharks’ af

Baie is die laaste ruk gesê oor die Sale Sharks se werwings-strategie vir volgende seisoen, met nege Suid-Afrikaners sover wat in die volgende veldtog vir die Engelse klubspan gaan uitdraf.

Coenie Oosthuizen verlaat die Haaie vir die Sale Sharks. Foto: Getty Images

Sale, vir wie die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk en -senter Rohan Janse van Rensburg reeds speel, het vandeesweek aangekondig die Bok-stut van die Haaie, Coenie Oosthuizen, sluit hom ook van volgende seisoen af voltyds by hulle aan.

Dit volg op die nuus dat die slot Lood de Jager, losskakel Rob du Preez en haker Akker van der Merwe hulle ook van volgende seisoen af voltyds by die span van Manchester aansluit.

Boonop sal Jean-Luc en Dan du Preez hulle op korttermynkontrakte vir die 2019-’20-seisoen by dié klubspan aansluit.

Die voormalige Bulle-losvoorspeler Jono Ross speel ook vir Sale, asook die Skotte Byron McGuigan en Josh Strauss, wat albei in Suid-Afrika gebore is.

Sommige mense het die Sale die “Saffa Sharks” gedoop en meen die klub kan net sowel na Suid-Afrika verhuis.

Maar Sale het hom nie laat afsit nie en grappenderwys ’n logo met die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag gedeel:

Sale het later ’n foto van sy spandrag vir volgende seisoen gedeel, maar die klub se tradisionele kleurskema van donkerblou na die Groen-en-Goud van die Springbok-trui aangepas:

Die klub se jongste twiet oor die saak wys dat hul spelers van regoor die wêreld betrek het:

– Sportredaksie

Meer oor:  Sale Sharks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.